Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 8 VAN 10

Wanneer jy regtig nie meer kan nie


Ons elkeen kom soms by ’n punt waar jy voel jy kan nie meer nie. Jy dink dit sal beter wees as alles net tot ’n einde kom. Dat die wêreld jou nie eens sal mis as jy weg is nie.


As jy al ooit so gevoel het, het jy moontlik – heel waarskynlik – nie volkome rasioneel gedink nie. Jou gevoelens was eg, maar nie noodwendig op feite gegrond nie. Voordat jy enigiets drasties doen, maak soos Elia. Eet iets en gaan knip ’n uiltjie. Hiermee probeer ek nie ’n neerbuigende, simplistiese oplossing gee vir ’n wesenlike en komplekse probleem nie. Maar dis ’n goeie begin om jou net ’n bietjie sterker te laat voel sodat jy die probleem voor jou in die oë kan kyk.




IS CHRONIESE MOEGHEID REGTIG ’N DING?


’n Mens se byniere is deel van jou Hipotalamiese-Pituïtêre-Adrenale as. Jou wat?! Eenvoudig gestel: die deel van jou wat jou energie en metabolisme beheer. Wanneer ’n mens gespanne is, word gereelde dosisse van die streshormoon kortisol afgeskei. Aanhangers van die chroniesemoegheidteorie beweer dat die byniere uiteindelik oorwerk raak van al die stres en uiteindelik “uitbrand”, wat dan simptome soos moegheid en lusteloosheid tot gevolg het. Die waarheid is egter dat ’n mens se byniere selfs onder voortdurende stres reg bly funksioneer. Om die simptome van chroniese moegheid en gemoedstoornis te verlig (want dis simptome, nie ’n toestand nie), is dit noodsaaklik om die onderliggende oorsake van jou uitputting te identifiseer en bestuur (soos skofwerk, of ’n nuwe baba).

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid