Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 10 VAN 10

Vreesloos en vry


Of dit nou ’n naderende eksamen of ’n verskriklike streng sperdatum is wat al hoe nader kom, stres kan ’n mens regtig siek maak. Ons weet stres kan goed wees en ons help om beter te fokus en harder te werk. Maar onbeheersde stres kan lei tot angstigheid, trane, paniekaanvalle, slapelose nagte, verkoue en griep. Daar is ’n aantal praktiese dinge wat jy kan doen om jou immuunstelsel ’n hupstoot te gee wanneer jy erg onder druk is – lees verder! – maar jy kan begin deur jou geestelike immuniteit te verbeter.


Wanneer jy midde-in die stres-storm staan, bid. Neem ’n blaadjie uit die psalmskrywer se boek (iemand wat al was waar jy nou is!) en glo dat God jou sal antwoord en jou sal vrymaak, want Hy is aan jou kant. Jy hoef nie vir die druk wat jy voel, of vir die mense wat dit uitoefen bang te wees nie.




STELSEL-MATIG


’n Mens se immuunstelsel is juis dít – ’n stelsel, nie ’n enkele entiteit nie. Vir joune om optimaal te funksioneer, is die eerste stap om ’n gesonde leefstyl te volg. Dit beteken rook is heeltemal verbode (rook verlig in elk geval nie ’n mens se stres nie – dit vererger eerder gevoelens van angstigheid). Slaap eerder beter, oefen meer en fokus daarop om genoeg vitamien C in te kry, asook vetoplosbare vitamien A, D en K en die minerale selenium en sink. Keer ook dat kieme versprei deur gereeld jou hande ordentlik te was – met seep!


Hierdie oordenkings is saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid