Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 3 VAN 10

Gaap!


Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur – met al die gereedskap en wenke tot ons beskikking – hoe beter. Dit kan selfs help om stres as iets positiefs te sien. Veeleisende situasies en ervarings – sperdatums en terugslae – dwing ons tot aksie en dwing ons om kreatiewe oplossings te vind.


Tog wil ons soms veel eerder in die bed bly lê en hoop dat alles wat ons so gespanne maak, sal verdwyn. As jy dít al ooit gedoen het, sal jy weet dat stres met graagte vir jou buite die bed bly wag. En wanneer jy dan opstaan, ontdek jy dat stres al sy vriende genooi het om by julle aan te sluit – vrees, angstigheid, depressie. Vra vir God om jou te wys waar jy vir slaap (of ’n ander vorm van ontsnapping) kies eerder as om dit wat voor jou is trompop te loop – en takel dit dan, met jou hand stewig in Syne.




TE VEEL VAN ’N GOEIE DING


Slaap is noodsaaklik vir byna alle aspekte van ’n mens se gesondheid – van die fisieke tot die emosionele. Maar dit is wel moontlik om te veel van ’n goeie ding te kry. Om vir lang tye horisontaal te wees (meer as 9 ure), beteken jy het minder tyd vir ander gesonde dinge soos oefening. Omdat ’n mens se liggaam gedeeltelik afskakel wanneer jy slaap, kan te veel slaap ’n domino-effek hê op jou metabolisme en jou risiko vir sekere kwale soos insulienweerstandigheid, diabetes en hartsiektes verhoog. Probeer om elke aand tussen sewe en nege ure te slaap – niks meer nie en niks minder nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid