Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 7 VAN 10

Breek weg!


Wanneer jy voortdurend onder druk is om probleme op te los word ’n mens se positiwiteit, kreatiwiteit en strategiese denkvermoë gaandeweg al hoe minder. Jou brein is eenvoudig nie in staat om voortdurende spanning te verduur nie, en funksioneer in elk geval beter wanneer jy nie gedurigdeur van een taak na die volgende spring nie. (Dit put die brein se frontale lob uit en vertraag ’n mens se effektiwiteit en algehele werksverrigting). Wanneer ’n mens chronies onder stres verkeer, stel jou liggaam kortisol vry, wat uiteindelik die hippokampus permanent kan beskadig (dié deel van die brein wat verantwoordelik is vir die kennisverwerwing en geheue).


Dalk weet jy dit, en daarom het jy met vakansie gegaan. Maar nou is jy terug en is jy moeër as voor jy weg is. Die enigste manier om verkwik en vernuwe van ’n vakansie af terug te kom, is om jou oor te gee aan volkome afhanklikheid op God. Word eenvoudig net stil en laat vir ’n verandering al die afleidings staan. Probeer dit net vir twee minute, een keer per dag. Bou dan stadigaan na langer “ruspouses”. Jou liggaam, gedagtes en geloof sal hierdeur verkwik word!




IN JOU BREIN SE BESTE BELANG


’n Mens se brein het rus en oefening nodig. Daarom is dit ’n goeie idee om ’n vakansie-emmerskoplysie saam te stel. Gebruik jou kop vir intellektueel- stimulerende aktiwiteite wat nié werk is nie. Hou sekere roetinebesluite eenvoudig sodat jy breinkrag vir ander (belangriker) dinge kan bêre. ’n Mens se brein gebruik 20% van jou daaglikse energie-inname – dit is meer as enige ander orgaan. Gee hom kos! Kies “breinkos” met ’n hoë voedingswaarde – nie iets soets wat jou net vir ’n kort rukkie goed sal laat voel nie.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid