Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 1 VAN 10

Genade


Paulus kon waarskynlik nie die verband verstaan tussen sy wonderlike geestelike openbarings en die doring in sy vlees nie. Hoekom sou God dit toelaat? Hy bid daaroor tot die Here. Die antwoord kom nie dadelik nie. Drie maal bid hy hieroor – soos Jesus in Getsemane dat die bitter beker by Hom verby moet gaan.


Dan word die gebed beantwoord, maar dis nie wat hy verwag nie. God se antwoord is nee. Nee is ook ’n antwoord. Die “doring” gaan nie verwyder word nie. In plaas daarvan sê die Here: “My genade is genoeg vir jou.” God se genade impliseer al die seëninge wat Hy in Christus aan ons geskenk het.


God het gepraat – hierteen kan Paulus nie rebelleer of appelleer nie. “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Dit was nie ’n spreekwoord of ’n algemeen-erkende lewensreël nie. Dis ’n waarheid wat juis vreemd is aan ’n wêreld waar mag en geweld hoogty vier. In omtrent elke sektor van die samelewing – veral in die politiek – geld die reël dat die sterkste die mag in hande neem en die swakkes as niks gereken word nie.


In God se koninkryk werk dit egter andersom. Jesus se grootste oorwinning het juis gekom te midde van die grootste swakheid en vernedering.


Hemelse Here, ek onderwerp my volkome aan u wil omdat U alwetend en almagtig is. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid