Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 9 VAN 10

Jabes se gebed


Die laaste deel van Jabes se gebed is merkwaardig. Hy vra dat die Here onheil van hom sal afweer sodat geen smart hom sal tref nie. God is nie die bron en outeur van onheil nie. Dis die werk van die duiwel. Sy behae en doelwit is om ons lewe met onheil te tref en te ontsier. Jabes vra as’t ware dat Satan se agenda nie in sy lewe tot uitvoer sal kom nie, maar God s’n.


Die rede waarom hy vra dat onheil van hom afgeweer moet word, is sodat geen smart hom sal tref nie. Hier is iets merkwaardigs. Onthou dat Jabes se naam “smart” beteken. Sy ma het hom met hierdie naam opgesaal en hom daarmee as’t ware op ’n trajek van smart en pyn geplaas. Deur sy gebed vra Jabes (Smart) die Here dat smart hom nie sal tref nie!


Dis die wonder van God se genade en ingrype in hierdie wêreld en in ons lewe. Veral deur die koms van Jesus, wat die “Man van Smarte” genoem is (Jes. 53:3, Bybel in Afrikaans 1933/1953), bring die evangelie die heerlike hoop dat ons nie op ’n onveranderbare noodlotsbaan hoef voort te gaan nie. Deur God se genade en deur die krag van Jesus se dood en opstanding, kan ek en jy ook ’n nuwe, wonderlike bestemming tegemoetgaan!


Here, ek bid dat U ook in my lewe sal ingryp en my lot positief sal verander. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid