Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 7 VAN 10

Rots van my heil


Nie alleen is God vir ons ’n hoë rots wat veiligheid en beskerming bied nie, Hy is ook ons Rots van verlossing! Jesus het mos die gelykenis vertel van twee mense wat hulle huis onderskeidelik op sand en op rots gebou het. Ons weet wat die uitkoms was toe die reën en storms gekom het.


Om in Jesus te glo en Hom as jou Verlosser aan te neem, is om jou lewe en toekoms vir altyd te verseker. Hy is die Rots van my heil. Dit is egter nie ’n rots wat ek self kan bemeester nie. Dit is te hoog vir my. Ons kan onsself nie red nie. Om Jesus as Saligmaker aan te neem, is om soos Dawid in Psalm 61:3 te bid: “Lei my na die rots hoër as ek.”


Charles Spurgeon, ’n beroemde Engelse prediker uit die 19de eeu, vertel van ’n berugte misdadiger wat ná een van sy evangelisasiedienste na hom gekom het onder diep oortuiging van sy erge sonde en verlede. Spurgeon het by dié geleentheid gepraat oor Jakobus 4:6 wat sê dat God “meer genade” gee. Hierdie sondaar was oortuig dat sy sonde té veel, té groot was vir God om te vergewe. Spurgeon het vir hom gesê: “Bring ʼn maatband en as dit moontlik is, meet die hoogte van jou sonde. Kom dan en kom meet die hoogte van God se genade en jy sal uitvind dat God se genade altyd groter, altyd hoër as jou sonde is.”


Ja, daar ís ’n Rots van heil wat hoër is as ek en jy!


Here, ek wil vir seker my lewe op hierdie Rots bou! Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid