Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 8 VAN 10

Genade onbeskryflik groot


’n Vyeboom neem ongeveer drie jaar om in volle drag te kom. As ’n vyeboom ná drie jaar in vrugbare grond en met goeie versorging nog nie begin vrug dra het nie, sal dit waarskynlik nooit vrug dra nie.


Op soveel maniere en oor soveel jare het God soveel in ons belê, aan ons gewerk. Het ons in al hierdie tyd net Christenblare gedra? Watter verskil het ons in hierdie wêreld, aan mense se lewens gemaak? Hoeveel vrug het ek gedra? Hoe voel God as Hy na my lewe kyk? Ek sal so graag soos Paulus aan die einde van my aardse pad wil sê: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly” (2 Tim. 4:7).


Die feit dat hierdie vyeboom geen vrugte gedra het nie, was nie die enigste probleem nie – hy het ook die grond onvrugbaar gemaak. Hy het dit dus vir die bome rondom hom swaarder gemaak. Christene wat nie doen waarvoor hulle geroep is nie – om vrug te dra – het ook ’n negatiewe effek op gelowiges rondom hulle. Genadiglik was daar vir hierdie vyeboom – en ook vir ons – ’n Tuinier, ’n Middelaar, wat by die Eienaar ingetree en vir nog ’n jaar grasie gevra het.


Onbeskryflike genade het U aan my – ’n wegloopkind – bewys; ek is weer in die Vaderhuis. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid