Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 2 VAN 10

Toegang tot die Koning!


Die woord wat hier in die grondtaal vir “toegang” gebruik word, kom net drie keer in die Nuwe Testament voor – elke keer in dieselfde konteks en betekenis: Efesiërs 2:18: “Dit is aan Hom te danke dat albei van ons deur een Gees toegang tot die Vader het” en Efesiërs 3:12: “Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan.”


Wat is nou die oorspronklike betekenis van hierdie woord “toegang verkry”?


1. Dit is die gedagte dat iemand naby aan ’n hooggeplaaste of koning dit vir jou moontlik maak om die koning te sien, ’n afspraak reël en jou ook na die koning in sy troonkamer begelei. Dit is dus iemand wat sy invloed gebruik om vir jou ’n afspraak te reël en jou dan ook inbring in die teenwoordigheid van die koning.


2. Sy rol in die proses sluit ook in dat die koning gunstig teenoor jou gestem is. Dit is dus nie soos ’n polisieman wat jou in die hofsaal inbring om deur ’n regter verhoor te word nie. 1 Timoteus 2:5 vertel ons duidelik wié hierdie bemiddelaar is: “Daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.”


Wat ’n oorweldigende gedagte! Die “koning” is die Vader en Jesus, sy Seun, is die Een wat dit vir ons moontlik maak om toegang tot die Koning te verkry!


Here Jesus, dankie dat U hierdie groot genade vir ons moontlik gemaak het. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid