Leesplan inligting

Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 6 VAN 7

Om die bose te oorwin


Gister se Skrifgedeelte het ons aangemoedig om mense werklik lief te hê. Maar hoe reageer jy op iemand wat jou nie terug liefhet nie? Of nog erger, iemand wat antagonisties is tot jou geloof, selfs vyandig?


Hoe reageer ware spiritualiteit op onreg?


As jy ’n duidelike voorbeeld hiervan soek, kyk net na Jesus. Jesus het ’n klomp vyande gehad en het die grootste van onregte verduur. Hoe het hy reageer?


Met liefde. Geen wraak, geen vervloeking, geen vergelding nie. Net liefde. 


Dit kan baie moeilik wees om mense te hanteer wat die oorsprong van baie boosheid was in ons lewens. Ongeag of dit mishandeling, onregverdigheid of opsetlike verraad was nie, dit kan onmoontlik voel om verby ou wonde en bitterheid te beweeg. 


Tog gee Paulus vir ons twee groot opdragte in Romeine 12:14-21 wat ’n prentjie skilder van liefde ondanks teenstand.


Eerstens: “Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie” (v. 14,1953-vertaling).


Ons moet boosheid beveg nes Jesus het. Ons word geroep om lewende offers te wees wat nie meer gelyk is met hierdie wêreld nie. Ons moet seën, want dit is wat God doen. 


Tweedens: “Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie” (v 17, NLV).


Trouens so ver dit moontlik is, moet ons “goeie verhoudings handhaaf met alle mense” (v. 18). Dit is nie maklik nie, maar God skenk ons die genade om dit te doen. Ons moet die boodskap van die evangelie vergestalt.


Konflik is soms onafwendbaar, maar as ’n lewende offer met ’n hernude gees is jy nie geroep om in enige situasie ’n antagonis te wees nie. Ware spiritualiteit beteken om te weier om sake in eie hande te neem en dit aan God oor te laat. Is jy bereid om God te glo en vertrou dat jou lewe, jou verhoudings en jou roeping veilig is by Hom?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sie...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid