Leesplan inligting

Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 1 VAN 7

Waar ware spiritualiteit begin


“Here, as U bestaan, openbaar U aan my.”


Ek dink dit was die eerste eerlike gebed wat ek ooit gebid het. Ek was op pad universiteit toe. Ek het ’n beurs, ’n mooi meisie en groot planne gehad, tog het ek leeg en alleen gevoel. Toe bid ek tot God om Hom te openbaar. 


Hy het. ’n Paar weke later by ’n kamp vir Christenatlete het ek gebid om Christus in my lewe te ontvang. God het begin om ’n paar groot vrae oor die lewe te beantwoord:


·  Wat wil God van my hê?


·  Hoe lyk dit om ’n egte Christen te wees?


·  As dit nie daaroor gaan om ’n klomp reëls na te kom of op ’n sekere standaard te wees nie, waaroor gaan dit dan?


·  Wat is ’n ware geloofslewe?


Waar het God in my transformasie begin? Romeine 12:1-2. Dit het so baie van die betekenis van die lewe vasgevang. Hoe God se groot genade ’n weg skep vir ons om ons lewe vir Hom te gee. Dat dit nie oor godsdienstige aktiwiteite of om reëls na te kom gaan nie.


En dat dit wel gaan oor ’n intieme verhouding met Hom wat propvol implikasies is vir elke gedeelte van ons lewe. 


Ware spiritualiteit begin met hierdie intieme verhouding. 


Dit is God se begeerte vir elkeen van ons. Hy wil hê ons moet leer om die genade en guns uit te leef wat ons reeds ontvang het, en Hy wil hê ons moet meer soos sy Seun word sodat ons Hom kan geniet en liefhê – en ander kan liefhê soos Hy hulle liefhet. 


Dit behels ’n volledige reoriëntasie van jou lewe. 


Baie Christene ervaar nie die volheid van daardie verhouding nie. Maar Romeine 12 verseker ons dat ons kan. 


Ware geestelikheid is die vrug as ons God se uitnodiging tot ’n intieme verhouding met hom aanvaar. Is jy bereid om met geloof te reageer op God se opdragte?


Wanneer jy dit doen, sinkroniseer jou hart en lewe met Hom. Jy sal vervul word met sy lewe, passie en roeping, en ’n lewe van ware spiritualiteit leef. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sie...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid