Leesplan inligting

Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 3 VAN 7

Om God se beste te ontvang


God wil vir jou sy beste gee. Nie die maklikste of die luuksste nie, maar die beste – soos Hy dit definieer. Onthou, sy wil is “goed, aanneemlik en volmaak”. 


Maar die meeste Christene beleef nie God se beste nie. Hoekom nie?


Een rede is as gevolg van leuens: leuens oor die betekenis van die lewe en oor God se doel vir ons. Leuens hou ons in ooreenstemming met die weë van die wêreld. Om die lewe te sien soos die wêreld dit sien, weerhou ons daarvan om God te ken en sy opdragte te verstaan. Ons mis uit op die wonderlike dinge wat God vir ons wil gee. 


Waar kom die leuens vandaan?


·  Ons het ’n geestelike vyand wat in teenstand is met God se doel in ons lewe.


·  Ons leef in ’n sondige wêreld wat God se doel verdraai.


·  Elkeen van ons het ’n lang geskiedenis met ons ou sondige natuur. 


Hierdie drie kragte werk saam om ons gevange te hou in ou gewoontes. Dit is hoekom die apostel Paulus vir ons sê om nie gelyk te word aan die patroon van hierdie wêreld nie, maar om onsself te laat verander – deur ons denke te vernuwe


Ons moet:


·  ophou om onsself met wêreldse gedagtes te voed, en


·  eerder ons gedagtes met God se weë te vul.


Ons het ’n ware geestelike dieet nodig wat gewortel is en volle vertroue het in sy liefde vir ons. Slegs dan begin ons lewens verander. En slegs dan kan ons God se goeie, aanneemlike en volmaakte wil – en ware spiritualiteit – ervaar.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sie...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid