Leesplan inligting

Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 4 VAN 7

Om die ware jy te aanvaar


Wie is jy? Dit is ’n ingewikkelde vraag, of hoe? Aan die een kant is jou selfkonsep gebou op jou familie-agtergrond, jou persoonlikheid, die geloofstelsels wat jy geleer is en die sleutelmense in jou lewe. 


Aan die ander kant, is jy dalk nie wie jy dink jy is nie. 


God is die outeur van jou ware identiteit. Hy weet presies hoe jy jou geskape het. Hy weet watter talente Hy vir jou gegee het om die roeping te vervul wat Hy vir jou bestem het.


Dis hoekom Paulus die Romeine aangemoedig het om reg te dink oor hulleself. 


Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het (Romeine 12:3, 1983-vertaling).


Wanneer jy leer hoe God jou sien – wie jy regtig is – begin alles verander, en word dit moontlik om in ware spiritualiteit te leef. 


Namate jy God toelaat om jou gedagtes te verander, verander die wêreldse draaiboek wat in jou gedagtes speel. Dit beteken jou gevoelens van onwaardigheid of trots, jou verhoudings met ander, jou gedagtewêreld, jou drome en doelwitte, dit alles verander ook. 


Dit hou veral verband met waar jy inpas by die liggaam van gelowiges, soos Paulus in hierdie Skrifgedeelte uitwys. 


Ware spiritualiteit is om te lewe as ’n lid van die liggaam van Christus, die kerk. As jy weet wie jy is, kan jy liefde ontvang en gee op die manier wat God bepaal het. Jy besef waar jy staan in die liggaam van gelowiges en jy kan jou talente doeltreffend gebruik. Jy kan ook jou roeping uitleef om ’n veranderde, lewende offer te wees wat heeltemal pas in God se groot plan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sie...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid