Leesplan inligting

Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 2 VAN 7

Om vir God te gee wat Hy wil hê


Romeine 12 begin met ’n beroep tot oorgawe – ’n radikale beroep om nie vir onsself te leef nie, maar slegs vir God. En om eerlik te wees, dit is ’n reusestruikelblok in ons verhouding met Hom. 


Nadat ek Christus aangeneem het, het ek verskriklik gesukkel om my hele lewe aan Hom oor te gee. Ek het gedink om my lewe vir Hom te gee, sou beteken ek moes dinge opgee waarvoor ek gehoop het. 


Ek wou trou, en ek was bang God sou my enkellopend laat bly of met iemand laat trou van wie ek nie gehou het nie. Ek het gedink Hy sou vir my sê ek moet ophou basketbal speel en ’n sendeling word. Ek het aangeneem dat sy wil “goed” sou wees, maar nie lekker nie. 


My stryd het voort gewoed tot een aand toe ek huis toe bestuur het ná aandete saam met vriende. Dit het gelyk asof hulle alles het wat ek wou hê – ’n goeie huwelik, ’n gelukkige huis, ’n hart wat aan God behoort – terwyl ek gesukkel het. 


Toe het God hierdie vers vir my gegee:


Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? (Romeine 8:32, 1983-vertaling)


Jy sien, God soek volledige beheer oor ons lewens, maar Hy ken ons harte. Hy wil dit vervul. 


Sy wil vir ons is goed. En om dit te bewys, het Hy reeds vir ons die grootste geskenk van almal gegee – sy enigste Seun. 


Deesdae wanneer ek ons roeping om ’n lewende offer te wees beskryf, gebruik ek nie die woorde “oorgawe” nie, maar “algehele verbintenis”. Dit is hoekom:


·  Oorgawe fokus op wat ons opgee. Dit klink asof dit net koste inhou en geen voordele nie. 


·  Algehele verbintenis is ’n herevaluasie van dit wat belangrik is. Ons besef wie God is, wat Hy vir ons gedoen het en wat Hy ons roep om te doen. 


Is jy bereid om ’n futiele lewe op te gee vir ’n lewe wat lonend is tot in die ewige lewe? Verbind jou volledig tot Christus. Bied jouself as ’n lewende offer aan Hom. Jy sal beloon word met ’n lewe van vreugde en ware spiritualiteit. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sie...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid