Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 4 VAN 31

"Woede"



Een van die eerste en mees vernietigende emosies wat ondervind word in enige verbrokkellende huwelik, is woede. Glo my, jy het waarskynlik genoeg rede om in woede teenoor jou man of vrou uit te bars. Hy/sy was ontrou, het jou mishandel of iets vernietig wat niemand die reg het om te vernietig nie. Jy het die feite en dit is tyd om stoom af te blaas!!



Laat my toe om jou te help om jouself in toom te hou. Al het jy die reg om uit te vaar, is dit die beste ding om nou te doen? Is jy in 'n onstabiele situasie? Is die kinders naby jou? Gaan jy jouself in gevaar stel deur nou stoom af te blaas?



Jy het alle rede om woedend te wees, maar geregverdigde woede is nog steeds dit: woede. Daar breek 'n tyd aan wanneer jy van jou pyn en seer moet gesond word. Om te leer hoe om die woede wat jy voel te hanteer, vorm 'n groot deel van die helingsproses.



Party mense sal alles inhou en dan op 'n stadium ontplof. Ander sal dalk net 'n lewe van wrewel lei omdat hulle nie deur hulle woede gewerk het nie. Waar jy jou ook al op die woedeskaal bevind, moenie huiwer om God te vra om jou te help nie.



God het vir ons emosies gegee, maar hy het ook vir ons die Heilige Gees gegee om ons met insig te lei hoe om ons woede te hanteer. Verstandige hantering van jou woede is broodnodig vir jou genesing.



Jou oorlewing mag afhang van die wyse waarop jy jou woede hanteer. Elke oorlog vind op 'n oorlogsveld plaas, party sonder bedekking wat die soldaat weerloos teen die vyand laat. Moenie die vyand daardie voordeel gee nie.



Gebed

Vader, ek het u hulp nou nodig sodat ek die wonde wat my toegedien is kan hanteer. Verwyder my woede en gee vir my wysheid van spraak, in Jesus naam. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid