Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 5 VAN 31

"Gehoorsaamheid"



Mense haat dit om aan voorgeskryf te word. "Watter reg het daardie een om my raad te gee en vir my te vertel hoe ek my lewe moet lei? Hulle het geen idee waardeur ek gaan nie… Jy is nie my ma nie!!"



Een van die moeilikste dinge om te aanvaar, is raad. Tog kan fundamentele Bybelse raad jou lewe verander. Die heel beste raad sal op die ou end mense terugbring na een ding ... om God te gehoorsaam.



Te veel mense wil vinnige mikrogolf antwoorde op stadige prutpot probleme hê. Hulle wil onmiddellike verligting vir die pyn hê wat maande of jare geneem het om te ontwikkel.



Jy moet realisties wees en besef dat, indien jou manier van doen gewerk het, jy nie nou in die situasie sou wees waarin jy jou bevind nie. Die vrye keuse van die ander persoon mag ook 'n groot rol gespeel het, maar jy moet besef dat jy ook 'n aandeel daaraan gehad het. As jy regtig eerlik met jouself wil wees, sal jy erken dat die ander party nie 100% skuld dra nie.



In hierdie wêreld kan gehoorsaamheid verkeerdelik as beheer, manipulasie of vrees geïnterpreteer word. In God se wêreld beteken gehoorsaamheid die stel van grense, beskerming en liefde. Indien jy gehoorsaam volgens God se riglyne leef, sal jy die beskerming ervaar wat net Hy kan bied!



Wanneer jy kies om aan God se riglyne ongehoorsaam te wees, kies jy om 'n slaaf van die wêreld te wees — wat uitloop in pyn en seerkry. Gehoorsaamheid aan God is nie maklik nie, maar dit sal jou die genesing bring wat jy nodig het.



Gebed

Vader, vandag kies ek om u Woord en die leiding van die Heilige Gees te gehoorsaam. Help my om elke dag sterk te staan as ek U volg. In Jesus Naam. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid