Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 31 VAN 31

"Vreugde"



Jy mag dalk ernstig twyfel of jy ooit weer enige ware vreugde sal ervaar. Die antwoord is 'n dawerende en heelhartige "JA"!! Afhangende van jou getrouheid aan die genesingsproses wat God vir jou in gedagte het, kan jou vreugde egter óf groot, óf klein wees.



Daar is baie verskillende vorms van vreugde: dit kan die gesig van 'n kind wees, 'n spelerige hondjie, of 'n warm, sout briesie wat vir jou stilte diep in jou siel bring. Daar is ook 'n ewige vreugde wat net kom deur te weet wie s'n jy is, nie net wie jy is nie.



Moenie net tevrede wees met vreugde wat jy in die geselskap van ander kry nie; soos die tipe vreugde wat jy kan skep deur na 'n vakansieoord te vlieg, of om 'n nuwe vriend te maak nie. Streef vir daardie tipe vreugde wat veroorsaak dat jy lekker kan slaap, en uitsien na wat môre inhou.



Dit kan eenvoudig wees om vreugde uit die vleeslike te put, alhoewel dit vinnig en vlietend kan wees. Aan die ander kant hoef jy jou nie oor geestelike vreugde te bekommer nie. Dit is altyd daar, aanmoedigend, en roep jou op na 'n beter lewe. Dit kan selfs uitborrel in die vorm van 'n onbeheerbare lagbui.



Wees op die uitkyk vir daardie dinge en mense wat aan jou vreugde verskaf en jou nie net gelukkig en gemaklik maak nie. Daar is diegene wie, wanneer jy klaar tyd saam met hulle deurgebring het, veroorsaak dat jou siel verryk voel, en dit versterk vreugde.



Ek kan dit so verduidelik: as jy moet dink aan hoe om vreugde te skep, het jy dit nog nie bereik nie. Soos wat jy God toelaat om daardie droë put van vreugde in jou te vul, sal dit vermeerder.

Almal wil vreugde hê en het dit nodig. Net die tipe vreugde wat onstaan uit geneesde en heel harte wat weet hoeveel hulle Skepper hulle liefhet, is egter bevredigend.



Gebed

Vader, mag ek elke dag die vreugde wat U vir my het, beleef. Vul my met u liefde en vrede sodat u vreugde my siel vul en genees. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid