Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 9 VAN 31

"Vertroue"



Hoe gaan ek ooit weer glo wat enige iemand sê? Waarom kan mense nie hulle beloftes nakom en getrou bly nie? Wanneer sal ek bereid wees om wat gebeur het agter te laat en iemand anders in my lewe toe te laat na alles wat gebeur het?



In ons kultuur vandag blyk dit dat om jou beginsels te handhaaf en om 'n man of vrou van jou woord te wees, 'n verlore kwaliteit is. Ontrouheid, leuens en agteraf gekonkel is deesdae algemeen en veroorsaak dat ons al ons verhoudings moet herevalueer.



Daar kom 'n dag wanneer jy finaal die wond wat deur 'n verbreking van vertroue veroorsaak is, sal moet hanteer. Net jy sal weet wanneer dit gaan wees. Jou verhoudings hou vir jou baie groot waarde in en jy sal ook mettertyd waarde daartoe moet byvoeg. Familie en vriende wil regtig help en jy kan daar begin.



Besef ons hoeveel van ons lewens deur vertroue beïnvloed word? Vertrou ons dat die persoon wat van voor af aangery kom aan sy kant van die pad gaan bly of dat hy by die rooi lig gaan stop? Sal die bussie jou kind vandag terugbring?



Die vlak van vertroue wat jy met die persoon gehad het, hou direk verband met die hoeveelheid pyn wat veroorsaak is, en dit word minder gemaak deur die vlak van genesing wat jy in jouself toelaat.

Ons moet leer dat om ander te vertrou nie beteken dat jy jou skanse afbreek en toelaat dat jy seergemaak kan word nie. Vertroue word gewen, nie net gegee nie. Vertrou dié wat vertroue inboesem. Mense is nie perfek nie, betoon dus genade aan ander en leer om weer te vertrou.



Gebed

Vader, ek bid dat ek my vertroue in U sal plaas om my te lei om ander weer te vertrou en dat hulle aan my genade sal betoon terwyl ek in hierdie aspek genesing vind. In Jesus se Naam. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid