Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 3 VAN 31

"Blaam"



Een van die maklikste dinge in die lewe is om die ander persoon te blameer. Die rugbyspeler wat die bal laat val, die besigheidsverslag wat laat was, of jou mislukste huwelik kan almal op verskillende maniere verduidelik word.



Daar is altyd twee kante van 'n saak: jou kant en die verkeerde kant. Wel, dalk nie, maar dit voel vir jou so.



Dit maak nie saak wat gebeur het nie, erken net dat alle mense foute maak. Wanneer dit by verhoudings kom, is sekere foute meer opsigtelik as ander. Selfs as dit lyk of jy die enigste een is wat probeer om die regte dinge te doen, is dit nie regverdig of korrek om al die blaam vir die mislukte huwelik op die ander persoon te pak nie.



Beteken dit dat hulle van alle blaam onthef word? Beteken dit dat hulle nie aanspreeklik gehou moet word nie? Is die lewe en alles wat gebeur het, regverdig? Nee. Is jy 100% onskuldig in alles wat jy gesê en gedoen het? As jy eerlik met jouself is, nee.



Een van die grootste struikelblokke waarmee mense sukkel, is om emosie uit te haal uit die hantering van enige sonde wat die huwelik beïnvloed en uiteindelik tot egskeiding gelei het. Emosies kan feite in wapens van ongewenste vernietiging verander.



Moenie jou tyd daaraan wy om die ander party te blameer nie. Gebruik liewer jou tyd om jou eie tekortkominge te verstaan en om maniere te vind om dit te verbeter. Moenie toelaat dat die feite jou emosies beheer nie. Laat die feite alleen staan.



Gebed

Vader, help my om te verstaan dat ek die feite kan erken vir wat dit is. Mag ek my eie foute ken en help my om te verander wat ek moet verander. In Jesus Naam. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid