Leesplan inligting

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 2 VAN 31

"Identiteit"



Hoeveel keer was jou gedagtes met dinge besig wat jy in jou binneste geweet het nie waar is nie? Het jy al ooit onseker oor jouself gevoel net omdat jy geskei is?



Die mens wie jy is, het niks te doen met die dinge wat met jou gebeur nie. Bankrotskap, verhoudings wat nie goed verloop nie, werksverlies, ens. is alles dinge wat kan gebeur, maar jy is steeds jy. Dit verander nie wie jy is nie. Dit mag jou dalk dwing om te verander en aan te pas, maar dit kan nie jou identiteit verander nie.



Wie jy is word nie bepaal deur wat met jou gebeur nie; jy is die resultaat van hoe jy reageer op dit wat met jou gebeur.



So verpletterend as wat egskeiding ook al is, sal jy weer kan aangaan en as gevolg daarvan groei. Hoe jy elke situasie van nou af hanteer, is jou keuse. Maak dit 'n positiewe keuse.



'n Egskeiding mag jou dalk verander sodat jy kan aanpas en aangaan met die lewe, maar dit verander nie die feit dat jy 'n persoon is wat dit kan oorkom, wat ook al voorlê nie.



Weet dat God nie gemors maak nie, en jy is kosbaar vir die Een wat alles gemaak het.



Jy is uniek en spesiaal, 'n enig in jou soort skepping van God. Jy is die somtotaal van wat God oor jou sê, nie wat ander of jou selfbeeld oor jou sê nie.



GEBED

Vader, help my om te onthou dat U my gemaak het en liefhet net soos ek is. Ek is u kind, help my om my identiteit vandag in U te vestig. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoele...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid