Leesplan inligting

Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 7 VAN 9

"Krag in wat jy sê"



Die Bybel sê: "... die tong het die mag oor lewe en dood" (Spreuke 18:21). God het met sy woorde die heelal tot stand gebring, en net so kan jy deur jou woorde die wêreld om jou "skep". Trouens, as daar iets is wat ons kan verhoed om ons Godgegewe bestemming te bereik, is dit ons woorde.



Watter soort woorde moet ons dan gebruik? … Woorde wat op menslike wysheid en vlees gevestig is, eerder as wat die Gees van God sê?



Die Bybel noem dit "ydel woorde" of "leë woorde". 'n Ydel of leë woord bevat geen waarde nie, aangesien dit "waardeloos" is. As jou woorde negatief of twyfelagtig is, is hulle eintlik leë woorde omdat hulle die waarde van Jesus se oorwinning aan die kruis verwerp.



Om die waarheid te sê, God is so ernstig oor wat jy sê, dat die Bybel ons waarsku ons sal eendag daaroor rekenskap voor Hom moet gee!



Hieronder is sommige woorde wat ons dikwels by vroue ten opsigte van hul swangerskap hoor:



Ek kan hierdie swangerskap nie langer verduur nie

Ek het 'n familiegeskiedenis van miskrame

Elke oggend wat ek opstaan voel ek so sleg

Ek dink nie ek sal ooit weer swanger raak nie!

Ek kan nooit lekker slaap nie

Ek is elke oggend naar

— daar is geen einde aan hierdie lys nie.



Wanneer jy egter positiewe dinge sê, word daar bonatuurlike krag vrygestel om dit 'n werklikheid te maak. Net so, wanneer jou woorde nie in ooreenstemming is met wat God sê nie, laat die kragte van die duisternis hul vrugte aan jou vry.



Dus, ongeag hoe jy voel, moet jy positiewe bevestigings uit die Woord van God bely en jy sal binnekort positiewe resultate begin sien!



Sê woorde soos:

Ek prys God, want ek geniet my swangerskap (Psalm 150:6)

Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak (Psalm 4:9 AFR83)

God se barmhartighede is elke môre nuut (Klaagliedere 3:23). Ek voel fris en gesond.

Ek is genees en swanger, ongeag wat die dokter sê. Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom (Jesaja 53:5b)

Ek is uitverkore, geseënd en geniet God se guns ten opsigte van my swangerskap (1 Petrus 2:9)

Ek is gesond, want die skuilplek van die Allerhoogste is my beskutting (Psalm 91)



Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid