Leesplan inligting

Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 1 VAN 9

"Die leuens wat die duiwel oor swangerskap vertel!"



Haai daar! Veels geluk! As jy nou hier lees, glo ek is jy reeds swanger of beplan jy jou swangerskap.



Is dit nie fantasties hoe God swangerskap so kreatief beplan het dat ons die vrug van ons liggame kan voortbring nie? Ongelukkig woon ons in 'n gevalle wêreld en die duiwel is vinnig om die vreugde van swangerskap te steel, dood te maak en te vernietig. Nietemin, as jy 'n kind van God is, is die prys van jou siekte en pyn reeds ten volle deur Jesus op die kruis betaal. Jy hoef nie langer die leuens te glo wat die duiwel in jou rigting slinger nie.



As jy dus dink dat siekte, naarheid, drukprobleme, bekommernis en pyn 'n natuurlike deel van jou swangerskap moet wees, dink ek jy is mislei! Jesus het reeds vir jou genesing en goeie gesondheid betaal, en dit sluit jou swangerskap ook in! Hy wil hê jy moet elke oomblik van jou swangerskap geniet en nie elke dag in liggaam en gees deursukkel nie. Al wat jy hoef te doen, is om die Woord van God te vertrou.



Die Woord van God is onfeilbaar en al waarop jy kan staatmaak. Hy is vreeslik bly wanneer sy kinders lewe volgens wat sy Woord sê! Die duiwel sal vir jou sê: "Jy sal nie hierdie swangerskap kan hanteer nie." Wees gewillig om hom met die volgende woorde te beveg: "My Vader sê ek gaan 'n pragtige swangerskap hê. Ek neem Hom op sy Woord en weier dus om jou leuens te glo."



Onthou dat God in sy opperheerskappy elke geveg reeds gewen het waarvoor jy ooit in jou lewe te staan mag kom. As jy egter nie vasstaan op sy voltooide werk nie; of as jy nie jou lewe lei in algehele oorgawe aan Hom nie, of as jy onkundig oor Jesus se gesag in jou is, kan jy 'n maklike slagoffer van die duiwel word.



Weet jy, die wonderwerk begin wanneer jy in sy Woord begin glo. Dit beteken ook jy hoef nie te wag om iets met jou eie oë te sien gebeur nie! Daarom moedig ek jou aan dat jy selfs nou wat jy met hierdie leesplan begin, jou denke daagliks met die Woord van God sal vernuwe. Namate jy glo, sal jy ontvang!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid