Leesplan inligting

Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 4 VAN 9

"Swangerskap is nie 'n siekte nie"



Ongesteldheid, siekte, kwale of sterfte is duidelik nie 'n deel van God se plan vir sy kinders nie. Toe Jesus op aarde was, was Hy met deernis gevul en het dus almal genees wat sy pad gekruis het. Die dissipels het ook liggaamlike siektes in sy Naam genees. Ons lees egter nêrens dat Jesus of sy dissipels 'n swanger vrou genees het nie! Regdeur die Skrif word kinders as as 'n seën en beloning beskryf.



Liewe suster, as jy swanger is, beteken dit nie dat jy "siek" is nie. Ek glo die helfte van die probleme met jou swangerskap, sal iets van die verlede wees as jy net hierdie waarheid besef en daarvolgens lewe. Ja, jy moet 'n dokter besoek wanneer jy swanger is, maar dit beteken nie dat jy siek is nie. Dis net jou liggaam wat veranderinge ondergaan in voorbereiding vir jou baba se geboorte.



Ek het al baie swanger vroue sien rondloop met 'n sug op hulle gesigte. Hou in gedagte as jy in jou onderbewussyn jou swangerskap as 'n siekte ervaar, dan sal dit vir jou so wees. Spreuke 4:23 sê: "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe."

Jy moet eerder die Here met blydskap dien, dan sal Hy [jou] beskerm (Nehemia 8:11).



Jy sal waarskynlik baie simpatie van die mense om jou kry, of jy tuis is, by die werk, of op reis. Dit sal nie wees omdat jy siek is of ly nie, maar ek glo jy ontvang die guns van mense omdat jy God se beloning in jou dra. Moet dus nie in die web van simpatie vasval nie of jou denke toelaat om jou daarin te verlei nie.



As die eindresultaat van swangerskap so pragtig is, hoe kan die proses dan 'n siekte wees?



Sê dit hardop, soveel keer as wat nodig is, totdat dit in jou denke ingesink het.



Swangerskap is NIE 'N SIEKTE NIE. Swangerskap beteken ek is GESEËND!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid