Leesplan inligting

Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 6 VAN 9

"Begin met lofprysing!"



God wil hê sy volk moet 'n leefstyl van dankbaarheid lei. Ons lees in Rigters toe die Israeliete gereed gemaak het om teen die Benjaminiete oorlog te voer, het God spesifiek opdrag gegee dat die stam van Juda eerste gestuur word. "Juda" beteken in Hebreeus "lofprysing". Begin dus eers met lofprysing voor jy enige beproewing of stryd binnegaan, en dit sluit jou swangerskap in.



Prys en dank God by voorbaat vir dit wat nog moet kom. Dank God vir 'n pragtige swangerskap en 'n gesonde baba wat op pad is. Dank Hom vir 'n normale geboorte en dat Hy aan die dokters wysheid sal gee.



Aanvaar dus die veranderinge in jou lewe met vreugde. Begin dink aan goeie dinge vir jou en jou baba. Doen elke klein dingetjie met vreugde en sang — of jy die waskamer opruim of die kombuisvloer uitvee.



Dink elke oggend wanneer jy opstaan wat 'n kosbare voorreg dit is om te lewe — om asem te haal, te glimlag, lief te hê en veral om 'n nuwe lewe die wêreld in te bring. Ruim tyd in om die dinge te doen waarvan jy hou. Gaan vir 'n wandeling saam met jou man. Praat met God oor jou swangerskap. Vertel Hom hoe jy voel en vra om sy wysheid in al die besluite wat jy neem.



Oorweeg dit om 'n boek van seëninge oor jou swangerskap en die baba se geboorte te maak. Maak 'n lys van al die voorsiening waarmee jy geseën is, skryf jou getuienisse neer en voeg ook die lofverslae wat jy van die dokter ontvang by, en jy sal verbaas wees hoe wonderlik God jou hierdeur gedra het.



Ek weet ons is meestal geneig om op ons geheue staat te maak, maar ek kan uit my eie ondervinding sê, as jy dit neerskryf is dit nie net makliker om met die verloop van jare die seëninge te kan oorvertel nie, maar dit sal ook jou geloof versterk wanneer jy besef dat God se getrouheid en genade elke tree in jou lewe oorskadu het.



Onthou om gelukkig en vreugdevol te wees, beteken nie dat alles in orde is nie, maar dit beteken wel jy het die bewustelike besluite geneem om verby jou omstandighede te kyk en God te vertrou. Juig dus in Hom!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid