Leesplan inligting

Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 5 VAN 9

"Sal swangerskap my figuur "bederf?"



'n Oorheersende rede waarom baie vroue swangerskap uitstel, is oor die oorweldigende besorgdheid oor hul figure. Die meeste ma's hou niks van hul liggame nadat hulle 'n baba gehad het nie. Die geswelde mae, lelike rekmerke en die middellyfie wat verdwyn, kan baie frustrasie veroorsaak. Dan is daar ook diegene wat onder die wanindruk is dat borsvoeding 'n "verlies aan skoonheid" veroorsaak. Dit lei daartoe dat swangerskap en borsvoeding verafsku word.



Suster, kan ek van hart tot hart met jou gesels?



Jou liggaam is nie net jou eie nie; dit is vir 'n spesifieke doel geskep en een daarvan is om 'n ander liggaam binne-in jou te laat groei. Gedurende swangerskap en na die geboorte ondergaan jou liggaam drastiese veranderinge. Al hierdie dinge is dit werd, want jou liggaam maak gereed om deel te word van die wonderwerk om geboorte te gee.



Vertrou ook jou liggaam aan God toe. Selfs as jy gewig om jou maag opgetel het, is daar 'n rede: Om jou baba te voed! Waarom vier jy nie liewer jou liggaam se vorm gedurende swangerskap nie, eerder as om jou vreugde daaroor te verloor?



Die dokters sal jou ook vertel dat borste nie sak of hul vorm verloor as gevolg van borsvoeding nie. Dis die vinnige verandering in grootte wat weefselletsels en rekmerke veroorsaak.



Natuurlik bedoel ek nie ons moet maar ons liggame net as vanselfsprekend aanvaar nie — ons moet tog onthou dat ons liggame die tempel van die Heilige Gees is. Waarmee ek egter nie saamstem nie, is wanneer jy die tydelike vorm van jou liggaam as 'n verskoning gebruik om nie deel te neem aan een van die hoofdoelwitte waarvoor dit geskep is nie.



By sommige vroue keer hul liggaamsvorm natuurlik na swangerskap sommer gou weer terug na hul vorige vorm. By ander neem dit 'n bietjie langer om weer 'n gemaklike liggaamsvorm te bereik. Ongeag in watter kategorie jy val, is kitsoplossings om gewig te verloor nie 'n goeie uitweg nie. Jy moet 'n realistiese verwagting oor jou liggaam hê. Die beste manier om daardie ekstra kilogramme af te skud, is om 'n gesonde dieet te volg wat jy met gereelde oefening kombineer. Ek weet van ma's wat slegs met gesonde eetgewoontes dit reggekry het om tot byna 21 kilogramme te verloor!



Onthou egter bo alles dat God jou liefhet net soos jy is. In sy oë sal jy altyd pragtig wees. Dis dalk tyd dat jy nie langer die goedkeuring van mense soek nie, want God wil hê jy moet jou verheug in jou unieke skoonheid — en dit gaan veel dieper as jou vel.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid