Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van AanbiddingVoorbeeld

Vibrant: A Life of Worship

DAG 5 VAN 5

Daar was 'n rede hoekom Petrus ons herinner het aan die kosbare beloftes wat ons s'n in Christus is en hoekom Petrus ons genooi het om deelnemers van die Goddelike natuur te word. Daar was 'n rede hoekom Petrus ons herinner het aan die belangrikheid om God elke dag beter te leer ken en ons herinner het dat ons deur heerlikheid en uitnemendheid geroep is. 



Jy is geroepe. Jy is uitverkies. Nou moet jy net persoonlik vasstel tot watter mate jy vir Christus en sy koninkryk sal lewe. Jy kies elke dag op 'n duisend verskillende maniere, groot en klein, of jy Hom kies of nie. Jy maak 'n keuse presies hoe diep jou wandel met Christus sal wees deur die deugde van 'n Goddelike leefstyl te omarm of nie — soos Petrus jou genooi het om jouself mee te deurdrenk.



God het deur sy eie inisiatief besluit dat jy Syne is. Nou is dit vir jou om te besluit hoeveel van God jy wil hê. Hy wil alles van jou hê.



Wil jy alles van Hom hê?



As jy die Here en sy weë bo jou eie voorkeure en begeertes kies, sal jy nooit struikel nie. Jy sal 'n lewe van pure skoonheid en groot vreugde leef wanneer alles wat jy is, voor alles wat Hy is, in aanbidding kniel.



Is dit nie wonderlik om te besef dat ons lewens nie hoef te faal nie, maar dat ons kan uitstyg bo omstandighede, beskut deur sy liefde en omgee? Die Heilige Gees het vir jou 'n manier geskep om deur die lewe te gaan met so min beserings as moontlik!



As jy daarna verlang om sonder wonde en pyn deur die lewe te gaan, dan sal jy jou oë rig op die Vader en sal jy na sy stem luister. As jy vandag die letsels van vorige onwyse besluite dra, herinner jouself dat vandag 'n nuwe dag is om gehoorsaam te wees! Rig jou oë op die planne en beginsels in die Woord van God wat net vir jou geskryf is en moet nooit jou oë van sy waarhede laat afwyk nie. Wees ywerig in jou pogings om Hom tevrede te stel en jy sal ontdek, net soos ek as kind het, dat balans beteken om te fokus. Ek kies om op Hom te fokus en om sy stem bo alle ander stemme te hoor. Ek kies.



Praktiese Toepassing:



Skryf aan Carol by carol@carolmcleodministries.com en laat haar weet hoe sy vir jou kan bid om 'n opwindende en oorvloedige lewe te leef.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Worship

Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyd...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid