Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van AanbiddingVoorbeeld

Vibrant: A Life of Worship

DAG 2 VAN 5

Een van die intiemste en soetste aspekte van die uitnodiging om 'n opwindende lewe te lei, is eenvoudig die besef God is by jou. Hoe kan enige iets te moeilik wees wanneer jy besef dat die Een wat jou die beste ken en jou die liefste het, belowe het om altyd by jou te wees?



Terwyl ek my voorstel dat Paulus hierdie woorde vanuit 'n Romeinse tronksel skryf, kan ek my net indink dat hy besef het dat hy hierdie mantel moet oorgee aan die wat na hom sal kom. Paulus was deeglik daarvan bewus dat gelowiges regoor die antieke wêreld sy lewe fyn dopgehou het terwyl hy gepreek, geskryf, tyd in die tronk deurgebring het, storms en skipbreuke deurleef het, vir Christus gemartel is en hoe hy dié vir wie hy verantwoordelik was, bemoedig het. Nou was dit tyd vir 'n nuwe geslag gelowiges om met eer en 'n Christelike ingesteldheid die leiding oor te neem.



Paulus het die mense vir wie hy geskryf het herinner: “Die God van vrede sal met julle wees.” In daardie woorde ontdek ons die geseënde versekering wat Paulus se hart en gedagtes bemoedig het, ongeag sy omstandighede. Ek bid dat daardie woorde wat Paulus as 'n seën oor die vroeë kerk geskryf het, ook in jou hart weerklank sal vind.



Jy is nooit alleen nie my vriend! Die Here se teenwoordigheid lei jou, hou wag oor jou en beskerm jou. Jy het nie net die kosbare geskenk van sy vrede ontvang nie, maar ook vir Hom!



Jy kan nie die teenwoordigheid van God afskud nie selfs al probeer jy vir die res van jou lewe! God, jou hemelse Vader, is die eerste helikopter-ouer in die hele opgetekende geskiedenis!



Een van die mees gekoesterde aspekte in hierdie lewe, is vriendskap met Jesus. Tyd saam met Jesus verander 'n aaklige dag in 'n wonderlike dag.



Wanneer ek rustig raak en tyd alleen saam met Jesus in gebed deurbring, omskep dit 'n doodgewone dag in 'n manjifieke dag.



Wanneer ek kies om die Woord te lees en die afleidings in my wêreld te ignoreer, ontvang ek die vrede wat alle verstand te bowe gaan.



Wanneer ek kies om myself aan die slaap te sing, eerder as om myself aan die slaap te huil, begelei dit my in sy teenwoordigheid in waar daar altyd volop vreugde is.



Moenie die geskenk in Hom ignoreer wat aan jou gegee is nie! Paulus se God is ook jou God en Hy is vandag by jou net soos Hy by Paulus in die tronk was. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Worship

Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyd...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid