Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van AanbiddingVoorbeeld

Vibrant: A Life of Worship

DAG 4 VAN 5

Petrus raak uiters prakties met sy raad aan enigiemand wat graag wil deelneem aan die Goddelike natuur. Sy onderrig beweeg van visioenêr na die kern van hoe om die lewe sonder spyt te leef.



Petrus wil hê dat ons deelnemers van die Goddelike natuur moet wees! Dit is so noodsaaklik vir hom dat hy 'n lys van keuses opgestel het om daagliks te oordink.  



Petrus stel die onweerlegbare saak dat ywer een van die waardevolste karakter eienskappe is wat 'n mens kan kies om te koester. As ons doel is om die Goddelike natuur van God te vertoon, moet ons met Hom saamwerk in die opbrengs van alles wat goed en eerbaar in ons wese is. Wanneer jou vasberadenheid met God se krag saamwerk, sal die goddelikheid wat vanuit jou lewe straal, eenvoudig manjifiek wees! 



Geloof is die fondament van alle ander dinge in die lewe! Sonder kinderlike geloof, sê die Bybel, is ons nie in staat om God tevrede te stel nie. Daarom is geloof die noodsaaklikste komponent vir hierdie besonderse leefstyl waarvoor ons geskape is. Geloof verander die onmoontlike in die moontlike!



Morele uitnemendheid kan ook beskryf word as deug. Jy sal nooit die persoon wees waarvoor God jou geroep het as jy kies om 'n lewe van morele toegewings te leef nie. Jou lewendige geloof sal jou altyd roep om die hart van God te vereer in al jou daaglikse besluite. Morele uitnemendheid was nooit bedoel om jou te beperk nie; dit het ten doel om jou vry te maak!



Selfbeheersing is 'n saamgestelde woord wat ons dikwels laat ineenkrimp. Op een of ander manier het ons siele ons gelei om te glo dat selfbeheersing die lewe se plesier doodmaak. 'n Verstommende besef is dat selfbeheersing my nie in wese op die langtermyn verander nie. Ek moet saamwerk met die Heilige Gees om 'n lewe van Goddelike, bonatuurlike beheer te leef. My selfbeheersing is slegs effektief tot die mate wat ek God toelaat om my te beheer!



Goddelikheid is die een kenmerk wat die gelowige in Christus uitsonder van die bloot goeie gedrag wat die wêreld ondersteun. Ons is nie net goed ter wille van "goed wees" nie, maar ons raak in ons emosionele en geestelike fondament verstrengel in die karakter van God self.  



Petrus het besef wat ek en jy gereeld ignoreer: liefde vul ons, dit dreineer ons nie. Vriendelikheid maak ons lewens groter, nie kleiner nie. Liefde en vriendelikheid bevorder altyd die leefstyl van die gewer. Altyd.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Worship

Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyd...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid