Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van AanbiddingVoorbeeld

Vibrant: A Life of Worship

DAG 3 VAN 5

Ek glo dat in die diepste wese van ons elkeen, in ons kern, is dit ons grootste begeerte in hierdie lewe om soos Jesus te wees. Hoe smag ek daarna om soos Hy te reageer op moeilike en iesegrimmige mense! Hoe begeer ek om absoluut enige iets net soos Jesus te doen!



Petrus het die luisterryke eer verstaan wat die beloftes van God inhou vir diegene wat kies om te glo. Petrus het geweet dat daar niks kosbaarder vir ons leefstyl is as om die waarhede van God se beloftes op ons alledaagse gedrag toe te pas nie. Vir jou om egter die beloftes te besit, moet jy eers van hulle bewus wees.



Wanneer ek en jy, wat presies volgens die beeld van God gemaak is, sy beloftes in ons menslike lewens toepas, begin ons wandel in die mag en krag waarvoor Hy ons ontwerp het. Wanneer ek my lewe aan sy Woord heg, word ek meer soos Hy en minder soos ekself.



Dit is verstommend om te besef dat Petrus en die Heilige Gees ons genooi het om “deel [te] kry aan die Goddelike natuur” (2 Petrus 1:4).



As gevolg van Jesus, hoef ek nie my tannie se humeur of my oupa se geneigdheid om te kritiseer saam met my te dra nie. Ek kan die Goddelike natuur vertoon.



As gevolg van Golgota, hoef ek nie gevul te wees met skaamte oor my vorige sondes nie en hoef ek nie heelnag wakker te lê en my daaroor te bekommer nie. Ek is geroepe om die Goddelike natuur te vertoon.



As gevolg van die Woord van God, hoef ek nie te wonder wat God se wil is nie en hoef ek nie doelloos deur die lewe te gaan nie. Ek wys-en-vertel hier op die planeet aarde, hoe om die lewe te leef, gevul met God se heilige en lieflike natuur.



Een van die heerlikste dele van hierdie leefstyl is dat ons nie soos Jesus hoef te wees nie, maar ons kan soos Hy wees! Dit is die hoogste eer en voorreg om deur hierdie lewe te gaan waarin die wêreld smag dat iemand Jesus aan hulle moet gee.



Petrus het geweet dat al wandel ons in die oorwinning van ons geloof, in die waarheid van die Skrif en in die krag van die Heilige Gees, sal ons ook sekere moeilike situasies op ons lewenspad teëkom.



Nietemin, wanneer ons besluit om die menslike uitdrukking van Christus se karakter te wees, maak dit vir ons 'n ontsnappingsroete oop!

 
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Worship

Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyd...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid