Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van AanbiddingVoorbeeld

Vibrant: A Life of Worship

DAG 1 VAN 5

Paulus se woorde in Filippense 4:6-7 is nie 'n blote voorstel nie; hy pleit ernstig by ons wat onsself as Christene identifiseer, om nie bekommerd te wees oor ons omstandighede of oor die dinge wat ons met ons vleeslike oë sien nie. Paulus herinner ons met oorgawe om nie die gebeurtenisse in ons lewens toe te laat om ons in 'n angsaanval in te dompel of 'n senuwee ineenstorting te gee nie. 



As Christene, is om in God te glo, dit wat ons die beste doen! Romeine 8:28 sê: "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." Ons word uitgenooi om ons te verheug, maar ons word gewaarsku om ons nie te bekommer nie!



Gebed is 'n intieme woord en dit beteken 'n soete nabyheid met die Vader. Moet asseblief nie nog 'n lang nag wakker lê en jou bekommer nie, maar verlustig jou eerder in al die fassette van sy karakter. Geniet die Vader en bly te alle tye naby aan Hom.



Wanneer ons die uitnodiging van die Heilige Gees aanvaar om angstigheid te weier en gedurig te bid, te smeek en dankie te sê, is die resultaat 'n voordeel wat reguit op ons afpeil.



Die vrede van God sal elke menslike gedagte wat jy het, ignoreer en sal vir al die probleme van die lewe as 'n buffer dien. Die vrede wat ons van die Vader ontvang, is nie gebaseer op ons omstandighede nie, maar op sy karakter. Hy is die Vredevors. 



Die vrede wat ons s'n deur Christus is, kom nie na vore in perfekte of rustige omstandighede nie, inteendeel, dit is 'n vrede wat in ons harte heers wanneer ons stilletjies erken dat Hy "alles te goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet". Dit is 'n vrede wat nooit sonder sy teenwoordigheid gegee word nie.



Jou denke is die sentrale beheerkamer van elke ander area van jou lewe. Jou denke beheer jou liggaamlike funksies, jou liggaamstelsels, en jou spraakpatrone. Die vrede van God is soveel kragtiger as wat jou brein ooit kan wees! Die vrede van God is so ver verhewe bo jou denke dat dit vir jou denke sê om te sit en stil te wees!



Sodra jy ophou met daardie aaklige gewoonte om jou te kwel en met die heerlike dissipline begin om jou te verheug, te bid, te smeek en om dankie te sê, sal jy die waardevolste skat van jou hele lewe ontvang: die vrede van God! 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Worship

Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyd...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid