Leesplan inligting

Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 6 VAN 7

Vrede in Chaos 



Is dit moontlik om vrede te hê terwyl jy midde-in iets pynlik is? Die kort antwoord is ja, maar dit maak natuurlik nie die proses minder pynlik nie. Om die waarheid te sê, jy kan vrede en pyn gelyktydig ervaar. 



Die dissipels en van die vroegste volgelinge van Jesus, het dit eerstehands geken. Storms was nie vir hulle iets vreemds nie. Alhoewel hulle altyd gelowig gebly het, beteken dit nie dat hulle nooit frustrasie, verwarring, twyfel of angstigheid ervaar het nie. Kyk net wat Paulus oor sy ervaringe geskryf het: 



"Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe" 2 Korintiërs 1:8-9.

Paulus wou nie doekies omdraai oor hul ervaringe nie. Hy wou nie hê mense moet dink hulle het hul doel sonder enige pyn behaal nie. Tog wou hy ook nie so erg op hul lyding fokus dat hulle dit misloop wat God in die verhaal gedoen het nie. 



Ons is geneig om sonder pyn ons doel te wil bereik en vrede te vind. Ons is ook geneig om te dink as iets nie goed gaan nie, dan is dit nie die moeite werd nie. Jesus het ons egter nooit 'n maklike lewe hier op aarde belowe nie. Inteendeel, Hy het seker gemaak dat ons weet ons sal in hierdie wêreld moeilikhede hê. Hy het egter ook hoop en vrede aan ons gelaat omdat Hy reeds alles oorwin het. 



Alhoewel Hy reeds alles oorwin het, troos Hy ons nogtans daardeur. Paulus het ook in dieselfde gedeelte in 2 Korintiërs geskryf hoe hulle God se bonatuurlike troos gedurende die chaotiese omstandighede ervaar het. Hy bied dit ook as 'n geleentheid vir ons aan om dieselfde troos aan ander te bewys. 



In hierdie lewe sal ons voor storms te staan kom. Hierdie storms openbaar dikwels die stand van ons geloof. Is ons reaksie om die betekenis van ons lyding in te sien? Of is ons fokus op die verkeerde vrae? 



In Markus 4 lees ons van die fisiese storm waarin die dissipels hulle bevind het. Die wind het geloei en die golwe het oor hulle gebreek sodat hulle bang was dat hulle sou verdrink. Intussen was Jesus agter in die boot vas aan die slaap. Die dissipels het dus gedoen wat die meeste van ons sou doen. Hulle het Jesus benoud wakker gemaak en gevra: 



"... Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?" Markus 4:38.

Is dit nie die vraag wat ons in die versoeking kom om gedurende die storms in ons eie lewens te vra nie? Vader, gee U dan nie om nie? 



Jesus reageer deur die storm stil te maak, maar ook deur hul gemaklike houdings uit te daag. Hy het soveel vir hulle omgegee dat Hy nie net hul probleem opgelos het nie, maar hulle ook oor die stand van hul geloof gevra het. 



Wanneer ons weet wie Jesus is, kan ons vertrou dat Hy oor ons storms omgee en daartydens by ons is. Kan ons dus vrede gedurende pyn ervaar? Ja. Dit verg egter geloof — om te vertrou dat ons pyn 'n doel het en die proses nie vir God van stryk af bring nie. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-da...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid