Leesplan inligting

Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 3 VAN 7

Gemoedsrus



Dink aan 'n tyd in jou lewe toe jy voor 'n ernstige stryd te staan gekom het. Dalk was dit angstigheid of depressie waarteen jy moes stry. Miskien het jy 'n geliefde verloor. Miskien moes jy die verlies van 'n droom hanteer of hoe jy gedink het jou lewe sou wees. Wat het mense vir jou gedoen wat jou toe baie gehelp het? 



Jy onthou miskien nie die presiese woorde wat iemand vir jou gesê het nie, maar jy onthou wie daar was vir jou. Jy onthou die mense wat na jou geluister het, wat opgedaag het en tyd by jou deurgebring het. 



Wanneer ons ons diepste worsteling in die gesig staar, kan ons gerus wees dat ons God altyd by ons is. Trouens, in Jesaja word Jesus Immanuel genoem, wat "God by ons" beteken. 



Wanneer ons worstel om vrede midde-in ons omstandighede te vind, is dit soms beter om erkenning daaraan te gee dat God by ons is en Hom te dank vir die gawe van sy teenwoordigheid. 



Die goeie nuus is dat ons dit nie in ons eie krag hoef te doen nie. As ons volgelinge van Jesus is, gee Hy ons nog 'n gawe — die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Ons hoef nie op ons eie moed bymekaar te skraap of met vasberade krag te probeer nie. In plaas daarvan kan ons die Heilige Gees vra om ons lewens te rig, oor ons harte te waak en vrug te dra wat alle frustrasies oortref. 



Paulus herinner ons daaraan: 



"Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede" Romeine:5-6 NLV. 


Wanneer ons verteer word deur ons gedagtes oor die nuus, polemiek op sosiale media en alles wat dreig om ons te laat kop verloor, sal ons natuurlik paniekerig raak en oorweldig voel. Alhoewel dit wys is om ingelig te wees, moet ons ook seker maak dat ons ons denke vul met die dinge wat ons gees inspireer. 



'n Wyse waarop ons die vrede van God kan vind, is deur God se beloftes te onthou en eerder op daardie beloftes te fokus as op ons probleme. 



Wonder jy hoe om te begin? Lees Psalm 23 herhaalde kere terwyl jy jouself daaraan herinner dat God by jou is wanneer jy voor beproewinge te staan kom, deur valleie gaan of troos nodig het. Maak 'n lys van die dinge wat oor God waar is. Byvoorbeeld: Hy is naby die gebrokenes van hart. Hy gee aan ons vrede wat alle verstand te bowe gaan. Hy is ons toevlug in tye van nood. Hy is ons wonderbare Trooster, magtige God en ons Vredevors! 



As jy vandag angstig of oorweldig voel, weet dan: God gee vir jou om. Hy sien jou. Hy is lief vir jou. Hy is by jou. Hy is vir jou. Jy kan vrede najaag deur die beloftes van God oor jou probleme uit te spreek en jou gedagtes aan die Heilige Gees oor te gee.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-da...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid