Leesplan inligting

Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 4 VAN 7

Vrede in die Wagperiode 



Ons het gister daaroor gesels om ons vrede in God se beloftes te vind, maar dis selfs nog moeiliker wanneer jy midde-in 'n periode van wag op God is. Ons was al in daardie tydperke wat dit voorgekom het of God vir almal daar is behalwe vir jou. Miskien het jy nog nie daardie betrekking gekry nie. Dalk wil jy graag trou, maar jou vooruitsigte lyk by die dag skraler. Of dalk wag jy op 'n eie kind terwyl dit lyk of daar elke dag aankondigings van swangerskappe is.



Waarvoor jy ook al wag, moet jy vir seker weet dat God jou nie vergeet het nie. Hy is by jou in jou wagperiode. Trouens, beide Advent en Kersfees berus op 'n wagperiode — wag vir die Vredevors om die wêreld binne te kom en die mensdom van sonde te verlos. 



Kan jy jou voorstel hoe lank daardie wag moes gevoel het? Ongeveer 750 jaar het verloop tussen die profesie oor Jesus in Jesaja 9:6 en Jesus se geboorte. Vir eeue het die mense dus gewag, onseker wanneer en of God wel sy beloftes sou nakom. Toe stuur Hy sy Seun, Jesus!



En nou? Ons hoef nie langer op die vervulling van ons vrede te wag nie. Tog, wag ons vir sy tweede koms en sien uit na die dag wanneer God alles wat verkeerd is, sal regmaak. 



In ons gebroke wêreld ervaar ons dus wagperiodes. Ons weet egter ons wagperiodes is nie verkwiste tydperke nie. Al wens ons ook om die wagperiode oor te slaan tot by die vervulling van dit waarvoor ons hoop, is dit juis midde-in ons wagperiode wat ons werklik besef vir Wie ons aanbid. 



 Vra jouself af: Is ek meer besorg daaroor om die ding te kry wat ek wil hê as om God te ken? 



Dit is 'n moeilike vraag, maar werd om gevra te word omdat dit openbaar wie of wat ons aanbid. 



Die saak staan so: Dis nie verkeerd om gefrustreerd te raak en na God uit te roep wanneer jy nie sy tydsberekening verstaan nie. Eintlik verwelkom Hy dit. Tog gaan ons wagperiode nie bloot om die dinge te kry waarvoor ons hoop nie. Dit gaan daaroor om ons hoop te plaas in die God in wie ons vertrou. 



Jy kan dus moontlik op 'n ander manier na jou wagperiode kyk. In plaas daarvan om op die wag te fokus, kan jy jou gedagtes skuif om te onthou — onthou wie God is, alles wat Hy alreeds gedoen het en wat jy weet van sy karakter waar is. 



As jy sukkel om vrede te vind terwyl jy wag, kan jy weet: 



"Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op" Psalm 37:23-24.


God rig jou verhaal en elke besonderheid daarvan maak vir Hom saak. Hy hou jou regop wanneer dit moeilik raak en Hy verheug Hom in jou. 



Moet dus nie deur die wagperiode jaag nie. Vind eerder vrede in die proses deur stil te raak en te ontdek wat God jou leer. Dink vandag na oor hierdie vrae terwyl jy wag: 




  • Vader, wat wys U aan my in hierdie wagperiode? 

  • Hoe kan ek hierdie wagperiode tot u eer en ten goede van ander gebruik?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-da...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid