Leesplan inligting

Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 2 VAN 7

Vrede in Verhoudinge 



Onsekerheid is geneig om konflik en sterk menings, nog groter te maak. In 'n tydperk wanneer "ongekende" dalk die woord van die jaar is, het ons almal konflik in die gesig gestaar. 



Of dit nou politieke geskille is wat gedurende die vakansie maaltye begin het, opmerkings op sosiale media wat tot warm woordewisselings gelei het, of moeilike gesprekke oor perke, kan die mense wat ons liefhet soms die meeste spanning veroorsaak. 



Tog is vrede in ons verhoudinge wel moontlik. Trouens, om vrede na die wêreld te bring, is waarvoor ons as Jesus se volgelinge geroep is. In die bergpredikasie het Jesus gesê: 



"Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word" Matteus 5:9.


Let op daar staan "vredemaker" — nie "vredebewaarder" nie. Om vrede te maak is 'n aktiewe proses. Dit beteken nie ons stem met elke mening saam wat in ons rigting om die etenstafel gegooi word nie. Dit beteken ook nie ons moet met alles saamstem of nooit konflik veroorsaak nie. Sulke optrede mag die skyn van vrede skep — maar dis nie ware vrede nie. 



Alhoewel dit 'n versoeking is om sommer net konflik te ignoreer of om te maak of dit nie bestaan nie, is dit nie 'n liefdevolle reaksie nie. Ons word in Romeine 12:9 daaraan herinner dat liefde opreg moet wees. As ons ons seer wegsteek, bring ons nie vrede nie — ons vermy net die proses om vrede te maak. 



Paulus daag ons dikwels in Romeine 12 uit om te dink wat vrede regtig is en dit is nie maklik nie. Nadat hy ons aanmoedig om die wat ons vervolg te seën, om nie kwaad met kwaad te vergeld nie en om eensgesind te wees, daag hy ons uit: 



"As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense" Romeine12:18.


Let op daar staan: "sover as wat dit van julle afhang". Dit beteken ons word nie kwytgeskeld oor ons gek oom se gedrag nie. Ongeag hoe deurmekaar alles om ons lyk, verwag God steeds dat ons vrede moet najaag. Dit kan beteken om iemand direk te konfronteer of om jouself uit 'n situasie te verwyder as jy weet dit is die beste manier hoe om in hierdie oomblik vrede te bewerkstellig.



Hoe kan jy dus 'n vredemaker in alle omstandighede wees? Hier gee Jakobus vir ons 'n bietjie meer wysheid: 



"Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak" Jakobus 3:17-18.


Dit kom dus voor om 'n vredemaker te wees, is om God vir wysheid te vra, dan die wysheid te toets deur te evalueer of dit vol vrede is, of met jou eie hoogmoed gevul is. Alhoewel dit dus in orde is om ons menings en besorgdhede te lug, moet ons ander mense bo onsself stel. 



Dit kom dus ook voor ons moet nederig en genadig wees wanneer ons ons eie sieninge met ander deel. Ons moet dus ons motiewe om dit te deel, evalueer om seker te maak dat ons herstel in gedagte het. Dit kom ook voor ons moet onsself afvra of ons doel is om geregtigheid na te jaag en nie bloot om reg te wees nie. 



Wanneer jy jouself dus in 'n situasie bevind waar vrede in verhoudinge nodig is, moet jy eers 'n rukkie wag. Neem net die beste van die ander persoon aan. Praat waaroor jy voel of dink, maar wees nederig. Wys empatie en bid daaroor. Vra jouself af wat jy volgende kan doen om vrede in die situasie te bring. 



Wanneer jy dit doen, is jy 'n vredemaker — en jy is 'n kind van God. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-da...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid