Leesplan inligting

Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 1 VAN 7

Verlore Vrede 



Die jaar 2020 sal waarskynlik deur die geskiedenis heen as die ongewildste jaar in baie mense se lewens onthou word. Dit was 'n uitdagende tydperk wat 'n wêreldwye pandemie, groeiende bewustheid van rasse-ongeregtigheid tot politiese spanning en verdeeldheid ingesluit het. Vir baie van ons voel dit asof ons ons vrede verloor het, of dalk is dit selfs gesteel. 



Wat as dit egter nie ons omstandighede is wat ons vrede steel nie — wat as hierdie dinge maar net openbaar dat ons in elk geval 'n gebrek aan vrede gehad het? 



Gedurende uitdagende tydperke is ons geneig om die verlede te idealiseer deur te dink as ons ervarings anders was, kon ons uiteindelik gelukkig wees en vrede vind. 



Tog, kom dit voor of ons jaar na jaar steeds na vrede verlang. Terwyl ons dus erkenning gee aan hoe uitdagend hierdie tydperk was, kan ons dit nie blameer vir elke stryd waarin ons gewikkel is nie. Ons kan ook nie ontken wat God selfs gedurende die chaos doen nie. 



Wat is vrede dus? Hoe vind ons dit onderwyl ons verdeeld, beangs en onseker oor die toekoms is? 



Die goeie nuus is dat vrede nie in die afwesigheid van probleme gevind word nie. Dit word gevind in die teenwoordigheid van Jesus. 



Efesiërs 2:14 herinner ons dat Jesus as ons vrede gekom het. Nie net om aan ons vrede te gee nie, maar om waarlik ons vrede te wees. Trouens, die Griekse woord vir vrede is eirene, wat ook "ten volle heel" beteken. Jesus het nie net gekom sodat ons party dae beter kan voel nie. Hy het gekom om ons te herstel — in ons verhouding met God — sodat ons heel kan wees. 



Ons vrede is aan die teenwoordigheid van ons onveranderlike God verbind. Hy is dieselfde gister, vandag en vir altyd. Hy is voortdurend dieselfde. Hy is goed en Hy is ons vertroue waardig. 



Ons sal nie vrede in ons veranderlike omstandighede vind nie, ook nie deur op ons eie daarna te soek nie. Jesus is ons verlore vrede en wanneer ons ons aandag van ons probleme af na Hom toe verskuif, sal ons begin om vrede te ervaar wat ons harte bewaak en alle begrip te bowe gaan. Kyk net na hierdie herinnering uit die Skrif: 



"... Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug" Jesaja 26:3-4. 


Volmaakte vrede klink nogal wonderlik nè? Dit word egter net verkry wanneer ons ons gedagtes op Jesus rig en ons algehele vertroue in Hom plaas.



Dit mag dus voel asof vrede verlore of baie ver weg is. Die waarheid is egter dat vrede 'n Persoon is en wanneer ons Hom vertrou en ons gedagtes rig op wie Hy is, sal ons dit kry. Dit beteken nie ons sal altyd gelukkig voel of dat ons nooit angstigheid of vrees sal ervaar nie. Dit beteken wel dat ons weet hoe om vrede te vind wanneer ons worstel omdat vrede 'n neweproduk van God se teenwoordigheid is. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-da...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid