Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 4 VAN 12

Die stomp van Isai: Vredemaker vir Alle Mense


VERHAAL
Toe ek 'n kind was, het ek 'n baie slim hondjie gehad. Sy het nie 'n leiband nodig gehad nie, want sy het geweet om naby aan my te stap. Sy kon heeldag ver van die huis af rondloop, maar sy het die pad huis toe geken. Sy was speels, sy het net geblaf om ons huis te beskerm en sy het daarvan gehou om getroetel te word ... tot die dag toe sy 'n voëltjie gevang en opgeëet het! Wat? Ja, my oulike, slim hondjie het die voëltjie geëet wat my suster as 'n Kersfeesgeskenk gekry het. Ek was baie gefrustreerd en hartseer. Ek het dae lank gehuil. Ek kon nie verstaan hoekom my oulike hondjie nie in vrede met 'n onskuldige voëltjie kon leef nie.


SKRIFGEDEELTE
Lees: Jesaja 11:1-9


DINK DAAROOR
Wag 'n bietjie, wat? Sal 'n wolf en 'n lammetjie saam bly? Sal luiperds tussen bokkies gaan lê? Sal kalwers, leeus en voerbeeste bymekaar wees en sal klein seuntjies vir almal sorg? Wat beteken dit? Hoe is dit moontlik? 


In Jesaja 11 kondig die profeet die vredevolle koninkryk van die Messias aan en beskryf hoe dit sal wees om vir ewig saam met Jesus te leef. Sjoe! Watter soort vrede is dit dat selfs wilde diere en kinders saam sal leef in volmaakte harmonie? Ons sal nie nou in staat wees om hierdie vrede ten volle te verstaan nie, maar eendag sal ons dit ervaar wanneer ons by Jesus Christus is, ons enigste hoop en vrede. En ja, ons sal vrede tussen lande sien, verskillende mense, selfs tussen vyande. Daar sal ware vrede op die aarde wees. Wanneer dit gebeur sal niemand enige skade aanrig of iets vernietig nie. God sal onmoontlike dinge doen en Hy sal vrede vir almal bring, selfs tussen diere!


DOEN IETSMaak vandag 'n lys van dinge wat jy kan doen om vrede vir 'n spesifieke persoon te gee. Dalk kan jy 'n briefie skryf vir 'n ouer persoon, of jou ouma en oupa bel, of koekies bak vir jou bure. Kies een ding en vra jou gesin om jou te help om 'n draer van vrede te wees.


BID
Hemelse Vader, dankie vir die vrede wat U vir almal sal gee. Dankie dat ek kan vertrou — al verstaan ek dit nie — dat U 'n manier sal vind waar daar geen manier is nie. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid