Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 1 VAN 12

God se Plan vir Vrede


VERHAAL:
Die eerste keer toe ek Kersfeeskoekies gebak het, het dit gelyk asof 'n bom ontplof het. Daar was meel oral. As jy al ooit koekies of kolwyntjies gebak het, weet jy dat dit nie juis smaaklik lyk voordat dit uit die oond uit kom nie. Jy meng 'n klomp wit poeier met rou eiers en gooi dalk sjokolade in ... heerlik. As jy dit uit die oond uit haal ruik dit heerlik en lyk so mooi!


SKRIFGEDEELTE
Lees:Genesis 22


DINK DAAROOR
Sjoe! Hoekom sou God vir Abraham vra om sy eie seun te offer? Dis malligheid! Abraham het egter geweet dat God 'n goeie, liefdevolle God is wat hom nooit sou forseer om dit te doen nie. Hy het geglo dat hy en sy seun saam die berg sou afgaan. En hulle het! Net soos Abraham gesê het: "God sal sy eie offerlam voorsien." 


Weet jy van iemand anders in die Bybel wat sy eie Seun as 'n offer gegee het? God het! Die verhaal van Abraham en Isak laat ons aan Jesus, die Seun van God dink, wat vir ons sondes gesterf het. Dis bedoel om ons aan Jesus te laat dink, want God het sy plan vir vrede duisende jare voor Jesus se geboorte bekendgemaak!


Wanneer ons die Bybel lees, sien ons allerhande vreemde goed gebeur, soos dié een! Soms maak dinge in ons lewens ook nie sin nie. Ons is bekommerd, ons huil, ons word bang, of ons is siek of verward. 


God wys egter in die Bybel vir ons dat Hy 'n perfekte plan vir vrede gehad het, selfs toe alles onvreedsaam voorgekom het. Amper net soos ongebakte koekies wat vreemd lyk, totdat hulle uit die oond uit kom. God het 'n plan gehad om sy Seun, Jesus, te stuur om vir die verkeerde dinge wat ons gedoen het te sterf, sodat ons nie hoef te sterf nie. God kan jou en my vergewe, omdat Jesus die prys wat ons sonde gekos het, betaal het: die dood. Die lewe saam met God is vol vrede, en ons kan dit deur Jesus verkry!


DOEN IETS
Skryf vandag een ding neer wat jy in die laaste week gedoen het wat verkeerd of ongehoorsaam was. Bid dan saam met jou ouers en sê vir God dankie dat Hy vir jou vrede gee as gevolg van Jesus.


BID
Hemelse Vader, dankie vir die vrede wat U deur Jesus vir my gee. Dankie dat, alhoewel ek sonde gedoen het, U my vergewe en vrede na die aarde toe bring. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid