Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 7 VAN 12

Vrede: Die Geneesmiddel vir Vrees


VERHAAL
Eenkeer het ek en my gesin na die leeus in die dieretuin staan en kyk. Daar was 'n kind wat die heeltyd heen en weer langs die leeuhok se draadheining gehardloop het. Dit was van daardie soort wat na binne toe oorbuig, sodat die leeus nie daaroor kon spring nie.


Terwyl die kind gehardloop het, het een van die leeus hom begin volg. Eers was dit snaaks om die groot leeu dop te hou wat heen en weer agter hierdie klein kindjie aan hardloop, maar ek het ongemaklik begin voel. Dis omdat 'n leeu 'n ongelooflike groot en gevaarlike dier is. Die kyk in die leeu se oë het my laat besef hoe anders dit is om oor so 'n kragtige dier te lees en om dit met jou eie oë te sien, en hoe dit die manier kan verander van hoe jy die wêreld sien.


SKRIFGEDEELTE
Lees: Lukas 1:28–30


DINK DAAROOR
Hoekom was Maria so bang? Beide engele en leeus is kragtig, maar laat ons op verskillende maniere bang voel. Die Bybel is vol verhale van mense wat engele teëgekom en allerhande soorte geestelike wesens gesien het. Die meeste van die tyd het hulle óf probeer om hulle te aanbid óf van vrees op die grond neergeval.


Selfs die kere toe God self opgedaag het (omring deur wolke of vuur), kon dit vreesaanjaend lyk en klink. Toe God die mense van Israel uit Egipte bevry het, het Hy Homself op so 'n manier bekendgemaak. Die mense was só bang, dat hulle by Moses gepleit het om namens hulle met God te praat.


Die goeie nuus is dieselfde as wat die engel vir Maria gesê het, dat ons God se guns, sy liefde en sy toegeneentheid het. As gevolg van Jesus is ons in staat om in die teenwoordigheid van God te staan en Hom te sien soos Hy is! Ons kan vrede in sy teenwoordigheid ervaar.


DOEN IETS
God is by jou, al voel jy Hom nie. Maak nou tyd om te gaan sit en in stilte te bid.


BID
Hemelse Vader, dankie vir die vrede wat U deur middel van Jesus vir ons gee. Ek kan sonder vrees by U wees, want ek behoort aan Hom. Help my om te onthou dat U altyd naby my is. Amen.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid