Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 8 VAN 12

Immanuel: Die God van Vrede by Ons


VERHAAL
Ek het baie gelukkige herinneringe van Kersfees tydens my kinderjare. Ons grootste vreugde was nie om Kersgeskenke te ontvang nie, maar om uit te vind hoé ons die geskenke sou ontvang. Ek onthou dat my pa een Kersfees al die geskenke op die dak gesit het. Raai wat gebeur toe hy hulle wou gaan afhaal? Hy val van die dak af! 'n Ander jaar het hy die geskenke by die swembad neergesit. Wat gebeur toe hy dit gaan haal? Hy val in die swembad! 


Wat is jou gunsteling Kersfeesherinneringe?


SKRIFGEDEELTE
Lees: Matteus 1:18–24


DINK DAAROOR
Sjoe, dis die Kersfeesverhaal, die geboorte van Jesus! Matteus vertel vir ons van Jesus se eerste Kersfees, hoe God vir Josef en Maria gesorg het en selfs gesê het wat sy Naam sou wees. Is dit nie verstommend nie? Selfs vandag, meer as 2 000 jaar later, kan ons een keer 'n jaar tot stilstand kom, nadink, onthou en die verhaal van Kersfees oorvertel.


Stel jou voor jy vra vir Jesus wat Kersfees beteken. Hy sal jou waarskynlik antwoord dat Kersfees in sy Naam vervat is: God is hier, God by ons! Ja, toe Jesus gebore is, was God by ons teenwoordig. Hy het aarde toe gekom om by ons te kom woon en ons van ons sondes te red, sodat Hy in ons harte kon leef en ons saam met Hom in die hemel kan gaan woon! 


Ek hou baie van die lied wat sê: "God is nie ver weg in die lug sonder om vir my om te gee nie, maar Hy is elke dag aan my sy; Ek voel aan hoe Hy vir my sorg en dis hoekom ek vrede kan ervaar." Hy is by ons, Hy het gekom om vrede na die aarde toe te bring! Dis die betekenis van Kersfees.


DOEN IETS
Verbeel jou jy gaan vandag 'n spesiale ontmoeting met Jesus hê. Skryf 'n paar vrae neer wat jy vir Hom wil vra. Bid en vertel vir Hom wat jy neergeskryf het. Hy is vandag, op hierdie oomblik, by jou!


BID
Dankie Jesus, dat U hier is en vir my en my gesin sorg. Dankie vir Kersfees en dankie dat U vrede gebring het! Amen.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid