Leesplan inligting

Kersfees vir Kinders: 12 Dae van VredeVoorbeeld

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

DAG 9 VAN 12

O, Heilige Nag


STORIE
Het daar al ooit iets met jou gebeur wat jy nie verwag het nie? Sulke verrassings kan goed of sleg wees. Ek onthou hoe my ma en pa na my skool toe gekom het toe ek in graad 7 was, en my op my verjaarsdag kom verras het! Hulle het ingestap gekom met ballonne en roomys. Ek was so verras en beslis 'n bietjie verleë. Dit was 'n normale skooldag, totdat iets onverwags gebeur en my dag gemaak het!


SKRIFGEDEELTE
Lees: Lukas 2:4-7


DINK DAAROOR
Vir honderde jare lank het die mense in Israel vir 'n Verlosser gewag om te kom. En toe Hy uiteindelik opdaag, het dit nie gebeur soos hulle gedink het dit sou gebeur nie. Jesus was 'n koning, maar sy geboorte was nie een wat jy van 'n koning sou verwag nie. Hy is nie in 'n paleis of herehuis of selfs in 'n normale huis gebore nie. Jesus is in 'n stal gebore, want daar was nêrens anders vir Hom plek nie. Hy was nie omring deur koninklikes en soldate en diensknegte nie; Hy was by sy ma, pa en 'n paar skaapwagters wat Hom kom besoek het — mense het nie juis daarvan gehou om saam met skaapwagters te kuier nie, want hulle is as vuil beskou.


Jesus se geboorte was nie iets groots en aanskoulik nie, maar dit was presies wat God beplan het. Die nag toe Jesus gebore is, was heilig, want die Verlosser van die wêreld het uiteindelik aarde toe gekom! Dit was waarskynlik 'n stil en gewone nag vir die mense in Betlehem, al het iets wonderliks gebeur.


DOEN IETS
Lees Lukas 2:4-7 saam met jou ouers en probeer dink wat Maria en Josef daardie nag, toe Jesus gebore is, moontlik gesien en geruik het. Skryf 'n paar dinge neer!


BID
Jesus, dankie vir die nag toe U gebore is. Ek is so dankbaar dat U u heilige troon in die hemel verlaat het en aarde toe gekom het om ons Verlosser te wees. Amen!


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Christmas for Kids: 12 Days of Peace

In hierdie 12-dae leesplan vir kinders sal jy alles kan lees oor die geskenk van vrede wat Jesus vir ons gee en hoe ons elke dag daardie vrede in ons harte kan hê!

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: http://CalvaryFTL.org/Bible-Plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid