Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 6 VAN 6

Laat God Jou Vrees Verander in ‘n Feesviering


Sommige mense kyk op sosiale media na vrolike prentjies oor Kersfees en neem aan almal voel onstuitbare vreugde gedurende die vakansieseisoen. Dit is natuurlik ver verwyder van die waarheid.


Baie mense is bang. Hulle is bang vir die toekoms. Hulle is bang vir die hede. Hierdie vrese weerhou hulle daarvan om die Kerstyd te geniet.


Sielkundiges het meer as 645 verskillende vrese geïdentifiseer wat mense kan ervaar. Vrees is ‘n wêreldwye probleem — en dit steel ons vreugde, selfs in die Kerstyd.


Hier is die goeie nuus: Jy het nie nodig om bang te wees nie. God is aan jou kant!


Die herders by die eerste Kersfees het dit aan ons bewys. Die Bybel leer ons dat hulle net daarop gefokus was om hulle skape teen roofdiere te beskerm toe die engele opgedaag het. Toe die engele egter hulle “ligvertoning” begin, het die herders hulself boeglam geskrik.


God het ‘n boodskap deur daardie engele gestuur:


“Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Lukas 2:10-11).


God sê vandag vir jou dieselfde ding. Jy hoef nie in vrees te lewe nie. God sê telkemale in die Bybel vir ons om nie bang te wees nie.


Die herders se perspektief het onmiddellik verander deur die boodskap wat God met die engele vir hulle gestuur het. Ons lees in Lukas 2:15-16 AFR83: "Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe het die skaapwagters daaroor gepraat. 'Kom ons gaan reguit Bethlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het'. Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef en die Kindjie wat in die krip lê”

.

Die herders het nie geloop om na Jesus te gaan kyk nie — hulle het gehardloop! En in vers 17 lees ons dat hulle daarna die mense vertel het wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Mense was saam met hulle bly toe hulle die goeie nuus ontvang het.


God het hulle vrees geneem en dit verander in ‘n feesviering.


Hy sal dit vir jou ook doen.


Praat daaroor



  • Wat is vir jou in Lukas 2 verrassend omtrent die herders se ontmoeting met die engele?

  • Watter vrees is vir jou die moeilikste om te oorkom?

  • Hoe het God jou gehelp om minder bang te wees?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid