Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 1 VAN 6

Wanneer Jy Opkyk, Gaan Dinge Beter Lyk


Ons het al almal die uitdrukking gehoor: “Dinge begin beter lyk!”



Wat beteken dit egter?



Dit beteken die situasie verbeter. Jou probleme raak minder en jou geleenthede meer.



Ek wil graag hê jy moet hierdie Kersfees ‘n belangrike waarheid onthou: Dinge gaan vir jou beter word as jy begin opkyk.



Met ander woorde, jou omstandighede gaan verbeter wanneer jy ophou om daarna te kyk en eerder na God te kyk.



Die frase: “Kyk op” lees ons herhaaldelik in die Bybel. Dit is ‘n ander manier om te sê: “Kyk op. Kyk van jouself af na God toe.”



God het dit vir Moses gesê. Hy het dit vir Abraham gesê. Jesus het dit vir sy volgelinge gesê.



Daar is ‘n storietjie wat vertel: “Twee mans het deur die tralies van 'n tronksel gekyk. Een het modder gesien, die ander een het sterre gesien." Met ander woorde, die een gevangene het in wanhoop na onder gekyk, maar die ander een het in hoop opgekyk.



Jy het dieselfde keuse en ek hoop jy kies om die sterre te sien. God het elkeen van hulle geskep. Daardie sterre is ook dieselfde sterre wat meer as 2 000 jaar gelede geskyn het op die nag toe Jesus gebore is. Koning Dawid het dieselfde sterre ‘n 1 000 jaar voor dit gesien toe hy hierdie woorde geskryf het:



“As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? … Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!” (Psalm 8:4 - 5, 10 AFR83).



Wanneer ons opkyk en sien hoe groot God is, dan krimp die grootte van ons probleme. Wanneer ons probleme vergelyk word met die grootheid van God, dan lyk hulle nie meer so groot of oorweldigend nie.



Praat daaroor



  • Wanneer ons ‘n probleem ondervind, hoekom is dit makliker om op die probleem te fokus as om op God te fokus?

  • Hoe kan die uitgestrektheid van die skepping jou probleme kleiner laat lyk?

  • Wat kan jy hierdie week doen om die skoonheid van God se skepping te besef en te verstaan en jou oë van jou probleme af te haal?


Het jy al op Jesus vir jou redding vertrou?



Die Bybel sê ons kan net in die hemel kom deur op God te vertrou deur sy Seun, Jesus Christus. Ons hoef ook nie God se liefde te verdien of enige goeie werke te doen om in die hemel te kom nie. Efesiērs 2:8-9 sê: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”



Indien jy nog nie op Jesus vertrou en Hom toegewyd volg nie, waarvoor wag jy? Indien jy gereed is om die stap te neem, besluit om in Jesus Christus te glo en Hom te volg, bid dan hierdie gebed:



“Liewe Jesus, U het belowe indien ek in U glo, sal alles wat ek ooit verkeerd gedoen het vergewe word; dat ek sal leer wat die doel van my lewe is en dat U my eendag in u ewige tuiste in die hemel sal ontvang."



“Ek bely my sonde en ek glo dat U my Redder is. U het belowe dat ek gered sal word as ek my sonde bely en op U vertrou. Ek glo U wanneer U sê dat redding deur genade en geloof verkry word en nie deur enigiets wat ek doen nie. Ek ontvang U in my lewe as my Here. Vandag gee ek elke deel van my lewe oor in u hande. U het die reg om beheer te neem oor my lewe."



“Jesus, ek wil ontspan in u liefde. Dankie dat ek dit nie hoef te verdien of daarvoor te werk nie. Ek wil U vir die res van my lewe dien in plaas daarvan om myself te dien. In nederigheid wil ek my lewe aan U toewy. Ek bid dat U my sal red en aanvaar in u familie. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.”



As jy nou net gebid het om Jesus te aanvaar, stuur asb. vir my ‘n e-pos na Rick@PastorRick.com en vertel my daarvan. Ek wil graag vir jou gratis literatuur stuur om jou op jou reis met Jesus te help.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid