Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 5 VAN 6

Hoe Josef God Vertrou Het Met Sy Teleurstellings


Plaas jouself in Josef se skoene. Jy is besig om jou troue te beplan en jou verloofde — met wie jy nog nooit intiem verkeer het nie — sê vir jou sy is swanger en sy verklaar dat dit die werk van God is.



Jy kan die seer verstaan. Jy kan die teleurstelling verstaan. Josef het gevoel die enigste eerbare ding wat hy kon doen is om die verlowing te verbreek. Dit was sekerlik een van die donkerste dae in Josef se lewe.



Maar raai wat? Dit was ook een van sy beste dae.



Jou diepste en mees intieme ervaring van aanbidding gaan heel waarskynlik gebeur in jou donkerste dae: wanneer jou hart gebreek is, wanneer jy verlate voel, wanneer dit vir jou voel daar is nie meer opsies oor nie, wanneer die pyn en seer op sy ergste is — en jy jouself dan na God wend.



Omdat God daar gaan wees vir jou — elke keer.



Miskien is jy in hierdie Kersseisoen in 'n moeilike situasie wat onafwendbaar lyk.



Doen wat Josef gedoen het en verander jou fokus.



God kon Jesus sonder Josef na hierdie wêreld gestuur het. Hy kon vir Maria ‘n ander man gegee het. God het egter gekies dat Josef deel sal wees van die grootste verhaal wat ooit vertel is.



Josef se planne het dramaties verander toe hy sy fokus verander het. Hy het ‘n engel gesien wat God se plan in ‘n droom aan hom bekend gemaak het. In Matteus 1:20 staan: “Terwyl hy dit in gedagte het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: 'Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is kom van die Heilige Gees.”.



In plaas daarvan om op sy probleem te fokus, het Josef na God se plan geluister en gedoen wat die engel vir hom gesê het.



Die geskiedenis is toe onherroeplik verander en ons lewens ook.



Soos Josef kan jy ook voel dat jy teen die grond is en daar nie ‘n uitkoms is nie. God sal jou egter nooit verlaat in jou teleurstellings en gevoel van hopeloosheid nie. Fokus op God se plan. Luister na wat Hy vir jou wil sê oor jou situasie.



En vertrou op Hom dat Hy gaan doen wat Hy sê.



Die Bybel belowe, “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5-6).



Kies om in hierdie Kerstyd jou teleurstellings na God te neem en op Hom te vertrou.



Praat daaroor




  • Wat verras jou die meeste van Josef se reaksie op Maria se swangerskap?

  • Wat is die grootste teleurstelling wat jy nou beleef?

  • Is daar iets wat jou vandag daarvan weerhou om God te vertrou met jou teleurstellings?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid