Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 4 VAN 6

God Het 'n Antwoord vir Jou Bekommernis


Kom ons wees eerlik. Om vir die eerste keer 'n ouer te word is 'n moeilike aanpassing vir enigiemand. Laatnag voedingstye, die gereelde ritme van doeke ruil en ervarings van 'n koliekbaba, kan die mees voorbereide nuwe ouers laat voel of hulle in 'n waas lewe.



Stel jou voor hoe dit in Maria se situasie moes gewees het. Al het sy nog nooit geslagsgemeenskap met ‘n man gehad nie, kom ‘n engel na haar toe en sê vir haar: “Jy gaan die moeder wees van die Seun van God.”



Hoe stresvol moes dit gewees het om so ‘n uitspraak te hoor?



Die Bybel vertel ons sy het gereageer soos enigeen van ons sou — sy was verstom en bekommerd. “Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken” (Lukas 1:29).



Hierdie Kersfees kan jy jouself dalk in Maria se situasie bevind. Jy weet nie wat die nuwe jaar vir jou inhou nie. God is besig om jou na iets nuuts te lei. Dit gaan nie goed by jou werk nie of ‘n verhouding begin verbrokkel.



Dus is jy bekommerd.



Bekommernis is in wese ‘n kwessie van beheer. Dit probeer beheer uitoefen oor iets wat nie beheer kan word nie. Ons is bekommerd oor die ekonomie, maar ons kan dit nie beheer nie. Ons kan nie ons kinders beheer nie, daarom is ons oor hulle bekommerd. Ons kan nie die toekoms beheer nie, daarom is ons daaroor bekommerd. Bekommernis los egter nooit enige probleme op nie! Dit is ‘n nuttelose getob.



Wat doen Maria met haar bekommernis?



Sy het haar siening verander en op die beloftes van God staatgemaak.



Maria het gesê: “… omdat Hy na my omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem” (Lukas 1:48).



Maria se hele gebed in Lukas 1 is vol verwysings uit die Ou Testament. Sy was ‘n vrou wat met die Skrif bekend was. In plaas daarvan dat sy op haar situasie gefokus het, het sy eerder op die beloftes van God gefokus.



Jy kan dalk hierdie Kersfees met ‘n probleem sit wat vir jou onmoontlik lyk. Tog beklemtoon die Bybel herhaaldelik dat God aan jou kant is.



God belowe om ons te help as ons herstel van ‘n siekte, om beter ouers te wees, om ons skuld te delg en nog baie meer. Tensy ons daardie beloftes ken en daarop vertrou, sal ons onnodig bekommerd wees oor ons toekoms.



Is jy gereed om op God te vertrou ongeag wat vir jou in die nuwe jaar wag?



Praat daaroor




  • Wat is jou grootste bekommernisse in hierdie Kersseisoen?

  • Hoe laat jy gewoonlik toe dat bekommernis jou alledaagse lewe beïnvloed?

  • Wat is 'n paar beloftes van God waarop jy kan steun om jou deur daardie bekommernisse te help?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid