Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 3 VAN 6

God se Belofte vir Jou Pyn 


Ons het dikwels ‘n geromantiseerde prentjie van die paar dae wat die eerste Kersfees voorafgegaan het.



Ons sien kerskaartjies en geboortetonele en ons neem aan daardie dae was spanningsvry. Maar dit is hoegenaamd nie hoe diegene wat betrokke was by die eerste Kersfees dit ervaar het nie.



Die heel eerste Kersfees het nie as 'n vrolike tyd vir almal begin nie. Die nuus dat Jesus kom, het baie mense op hol gehad.




  • Maria was verward en bekommerd. ‘n Engel het haar meegedeel dat sy geboorte sou skenk aan die Seun van God. Sy het nie geweet wat gaan word van haar verlowing aan Josef nie. Haar toekoms het duister gelyk.

  • Josef was seergemaak en sy hart was gebreek. Sy verloofde het vir hom vertel sy is swanger. Hy het gedink sy was ontrou aan hom en dit het hom seergemaak.

  • Die herders was bang. Hulle het ‘n helder lig gesien en engele het uit niet verskyn.

  • Die wyse manne was uitgeput. Hulle het ver gereis om Jesus te sien. Hulle wou net rus.


Jy kan hierdie Kersfees dalk gespanne voel. Jy kan dalk ook verward, seergemaak, bang of doodeenvoudig net uitgeput wees.



Wat vertel hierdie Kersverhaal vir jou?



In die volgende paar oordenkings sal ek dieper delf in hoe elk van hierdie sentrale karakters in die eerste Kersverhaal reageer het op hulle pyn — en hoe God op sy beurt alles vir hulle verander het.



Hulle het egter almal een ding in gemeen: Hulle het hul na God gewend.



Die Bybel sê, “Kom terug na die Here julle God toe; want Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep” (Joel 2:13).



Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie. God het jou lief. Wanneer jy jou na God wend, sal Hy nie van jou af wegdraai nie.



Op daardie eerste Kersfees, het elkeen van hierdie mense hulle na God gewend. Hulle het almal na Hom opgekyk om in hulle grootste behoeftes te voorsien.



God was daar vir Maria, Josef, die herders en die wyse manne.



Hy sal ook daar wees vir jou.



Praat daaroor




  • Met watter een van die mense wat hierbo beskryf is kan jy jou op hierdie oomblik die meeste identifiseer en hoekom?

  • Wat weerhou jou daarvan om jou na God te wend, ongeag die probleme waarmee jy worstel?

  • Hoe kan jy iemand anders help wat ook hierdie Kersfees seer het of 'n moeilike tyd beleef?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid