Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 4 VAN 12

Die meeste Christene stem saam dat die lewe daaroor gaan om "die Here jou God lief te hê en jou naaste soos jouself". Tog is dit in die sakewêreld waar baie van ons skynheiligheid kan openbaar. 



Ons glo dat God mense liefhet, maar tog bring ons tegelykertyd ons lewens deur deur geld te versamel. Ons mag onsself verdedig deur te dink: "Wel, dis tog vir mense". Ons glo in wese die doel heilig die middele. Dan ignoreer ons doelbewus die talle Skrifgedeeltes waar God deurentyd die waarde van mense bo geld ag. 



Baie instellings handhaaf Milton Friedman se leerstelling dat die "aandeelhouer oppergesag" het en die hoofdoel van 'n sakeonderneming is om die "waarde van die aandeelhouer te verhoog." Dit beteken in leketerme "die hoofdoel van 'n sakeonderneming is om soveel moontlik geld vir die eienaar te verdien".  



Ek stel dit egter aan jou dat "aandeelhouer oppergesag" nie met Christenskap verenigbaar is nie. Soos jy voorts sal lees, is dit in direkte teenstelling met Jesus se woorde. Wanneer geld die primêre fokus word, verloor ons tred met die ware fokusarea: God. Ons verloor ook dit waarvoor God geweldig baie omgee (soveel dat Hy sy enigste Seun gestuur het): mense!



Gelukkig is God nie anders in die sakewêreld nie, ook nie sy bedoelinge nie. Hy is gister, vandag en vir ewig dieselfde en ook in enige terrein van die samelewing. Sy bedoeling in die sakewêreld is om sy liefde en goedheid aan die wêreld te openbaar. 



Hier is dus die vrae:



1. Hoe lyk 'n onderneming wanneer mense belangriker as geld is?



2. Hoe moet jy jou prioriteite skuif om by God s'n aan te pas?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid