Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 6 VAN 12

Wie is ons? Wie is God? Wie is God vir ons? Ons gedrag word ten volle bepaal deur hoe ons harte op hierdie vrae antwoord. 



Ek dink ook ons kan saamstem, wat ook al die onpartydige antwoorde op hierdie vrae is (dit wil sê, God se antwoorde) ... dit bepaal ons ware identiteit. Die mate waartoe ons met God saamstem, sal ook bepaal tot watter mate ons weet wie ons waarlik is. As ons dan weet wie ons waarlik is, sal ons ook optree soos ons veronderstel is om op te tree. As ons dit dus doen, sal ons God ervaar soos ons altyd veronderstel was om Hom te ervaar.



Wanneer ons nie weet en glo wat God se antwoorde is nie, sal ons valse identiteite, verdraaide motiewe, ongesonde ambisies en verkeerde definisies van sukses hê. In wese sal ons soos weeskinders optree.



Weeskinders is kinders sonder ouers. Hulle het niemand wat verantwoordelikheid neem vir hul behuising, klere, voeding, persoonlike ontwikkeling en (die belangrikste), hul behoefte aan liefde nie. Weeskinders moet vir hulleself sorg en hul eie probleme oplos.



Ek hoop jy vind dit ook ontstellend dat ons samelewing se definisie van volwassenheid so baie ooreenstem met ons beskrywing van wat dit is om wees te wees. Dit is dus geen verrassing dat so baie in die kerk die leefstyl en onderrig van Jesus so skrikwekkend vind nie.



Is God wie Hy sê Hy is? Is jy wie Hy sê jy is? As Christene moet ons een of ander tyd beslis dat dit waar is. Wanneer ons dit doen, sal ons oë daarvoor oopgaan om die verskillende maniere te sien waarop Vader God vir ons voorsien het, ons gelei het en onderrig het. Dan sal ons dit baie makliker vind om aan die Heilige Gees gehoorsaam te wees.



As dit te oorweldigend voorkom, dan stel ek (weer) kinderlikheid voor. Vertel aan God waarom jy Hom nie as 'n Vader vertrou nie. Wanneer jy gereed is, vertel Hom dan dat jy graag die eerste treë wil neem om Hom as Vader te leer ken. Hy sal jou leer!



As ons weet ons is God se kinders, twyfel ons nie daaraan of Hy vir ons sal voorsien nie. Ons bevraagteken nie of Hy ons sal onderrig of daar wees vir ons nie. Ons twyfel nie daaraan dat Hy ons ten diepste liefhet nie. Onsekerheid verdwyn. Om 'n houding in te neem kom na uiters kinderagtige gedrag voor. Ander se grootheid of dié van hul besighede, word vir ons iets om te vier en van te leer. Die liefde vir geld of gebrek daaraan, het nie meer 'n houvas op ons lewens nie. Finansiële mislukking is nie meer so vreesaanjaend nie, terwyl finansiële sukses ook nie meer so persoonlik is nie. In plaas daarvan, lê ons prioriteit en vreugde daarin om van die liefde van God te weet, dit te ervaar en uit te leef. Tot watter mate is ons vandag "met" God? Dit is die sukses of mislukking waaroor ons uiteindelik omgee.



Vandag se vrae is dus:



1. Wanneer ons weet dat God ons liefhet, maak dit minder saak of ander ons ook liefhet of nie. Hoe het jy die liefde van God al betwyfel?



2. Hoe het dit jou gedrag beïnvloed?



3. In watter aspek van sy liefde moet jy vandag glo?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid