Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 3 VAN 12

Soms verwag God meer van ons as wat ons dink ons kan gee. God is egter gretig om ons te help. Daar is een woord hiervoor en dit is sy seën. Dit is ook waaroor hierdie oordenking gaan. Die grootste seën wat Hy aan ons gee, is natuurlik sy teenwoordigheid en kameraadskap. Daardeur stel Hy ook 'n hele verskeidenheid ander seëninge vry. 



Juis dit kan vir ons moeilik wees om te glo, want die meeste mense word groot met die begrip dat ons alles moet verdien, of dat dit selfsugtig is om iets van God te ontvang. Eersgenoemde veroorsaak dat ons suinig word en vasklou aan alles wat ons het. Laasgenoemde lei daartoe dat ons die liefde afwys wat God vir ons aanbied. 



Nie een van hierdie twee idees staan natuurlik in die Bybel nie. In die koninkryk is ons rentmeesters van wat die Vader aan ons gee. Ons ontvang alles wat Hy vir ons wil gee, arbei saam met Hom terwyl Hy ons lei en ons dra baie vrug.



Ons aanvangskapitaal is God se vrygewigheid. Ons gee en ontvang vrylik, soos die Gees ons lei. Ons karakter en werksetiek (wat waardevol is!) word deur die hemelse Vader in geduld aan ons geleer, asook op bonatuurlike wyse deur Christus aan ons oorgedra. Ons behaal produktiwiteit uiteindelik alleen deur God se SEËN (in teenstelling met ons eie pogings).



God se seën kan op baie verskillende maniere voorkom! Hier is 'n paar:



- Onverklaarbare guns van ander



- Bonatuurlike krag (ook bekend as vreugde!)



- Produktiwiteit ver bokant ons vermoë om te behaal



- Om geld te ontvang (kapitaal), bates en/of hulpbronne wat ons nie verdien het nie



- Bonatuurlike leiding in wat ons doen (of NIE doen nie)



- Bonatuurlike oplossings wat voorheen nie bestaan of kon bestaan het nie



Vandag se vrae:



1. Vergelyk Adam se vloek ("in die sweet van jou aangesig ... ") met Abraham se seën ("Ek sal met jou wees en jou seën. Ek sal die hele land aan jou en jou nageslag gee ... "). Hoe wil God jou siening oor werk en beloning hervorm?



2. Watter invloed het dit op wat jy dink sy roeping vir jou lewe of besigheid is?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid