Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 9 VAN 12

Christus-geïnspireerde leierskap is in vergelyking met die wêreld, onderstebo en teenstrydig: die minste is die grootste. Met ander woorde, dit is diens-georiënteerd. Jesus, Paulus en die ander apostels het dit beliggaam deur niks te word sodat ander sukses kan behaal. 



Baie mense dink in die besigheidswêreld gaan dit daaroor om ons ryk te maak, sonder om te weet hoe lief God ons het, hoe hoog Hy ons ag en hoe Hy begeer om "iets van ons te maak." Ons jaag 'n self-gesentreerde leefstyl na waarin ons probeer om grootheid te bereik. Ons sê: "Niks is daarmee verkeerd om geld te verdien nie."



God ken egter ons harte. Hoe verdien ons geld? Wat verkoop ons? Van wie probeer ons geld verdien? Waarom probeer ons geld verdien? Wie trek die meeste voordeel daaruit, ander of onsself



Die teenoorgestelde van Jesus se soort leierskap is oorheersing. Dit skep vrees, rangorde, jaloesie, wedywering, kritiek, ongesonde vergelyking, onsekerheid en trots. Dit neem van die menigte weg sodat net enkeles voorspoedig word. Dit skep daardie groot welvaartgapings en K-vormige ekonomiese herstel (waar slegs een persent baie groot beleggers voordeel trek terwyl die res van die bevolking onder die ware ekonomiese herstel ly).



Christus probeer altyd om ander voorspoedig te maak, selfs ten koste van groot persoonlike verlies. Vir Hom is dit die moeite werd. Sal ons by Hom aansluit? Hy belowe om met ons te wees as ons dit doen. Eintlik, is God op soek na mense wat Hy kan versterk en aan wie Hy sy hulpbronne kan toevertrou.



Jesus-geïnspireerde leierskap lyk so: 



Gewilligheid om niks te word sodat ander hulle potensiaal kan bereik



Om persoonlike goedkeuring van God eerder as mense te ontvang



Vryheid van die behoefte om eer van ander te ontvang



Die wete daar is altyd genoeg — ons is mos mede-erfgename van Jesus se oorvloed!



Om ander met respek te hanteer volgens hul potensiaal in Christus en NIE volgens hul gebreke nie



Om volle eer, respek en seën aan ander te betoon



Om ander toe te rus en te bevorder om hul roepings te bereik



Opwinding om te sien dat ander (selfs "mededingers") sukses behaal — VREUGDE in ander se oorwinning



Gemeenskap met ander (in plaas daarvan om jouself af te sonder of as beter te beskou)



Jesus sê: "Om te gee maak mens gelukkiger as om te ontvang" (Handelinge 20:35b). Daar is groter vreugde en lewe in onselfsugtigheid as in selfsug! 



Hier is dus die vrae:



1.  Wat beïndruk jou die meeste van Christus-geïnspireerde leierskap?



2. Hoe verwag die Heilige Gees van jou om ander te eer?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid