Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 7 VAN 12

Eerbaarheid word gedefinieer as: "'n samevoeging van eerlikheid, regverdigheid en betroubaarheid" en ook "die toestand om geloofwaardig, onbedorwe en beginselvas" te wees. Dit is iets wat ons teenoor God moet hê en ook wat Hy wil hê sigbaar moet wees wanneer ons sake doen. Die teenoorgestelde hiervan is natuurlik skynheiligheid.



Wanneer ons iets voel of doen, spruit dit uit iets waarin ons glo. Ons oortuigings kom na vore deur ons emosies en gedrag, dus moet ons hiervan kennis neem! Dit is nie dieselfde as die inligting in ons koppe of die belydenis wat ons voorhou nie. Ons ware oortuigings word tipies aan ons oorgedra deur ons kultuur, families en soms selfs dinge wat ons van geboorte af glo. In werklikheid is ons ware oortuigings dikwels glad nie dieselfde as die oortuigings wat ons voorhou nie! 



Dit is dikwels voor die hand liggend vir ander, maar nie so ooglopend vir onsself nie. Dit is deels omdat ons breine "van agter na voor" funksioneer. In ons onderbewussyn word data vertaal wat deur ons vyf sintuie versamel word voor dit deur ons bewuste denke verwerk word. Hierdie rou data word deur ons ware oortuigings gefiltreer (nie deur die oortuigings wat ons voorhou nie). Die werklikheid wat nie met ons ware oortuigings ooreenstem nie, word dikwels eenvoudig laat vaar of deur ons onderbewussyn vertaal, nog voordat dit eers by ons bewuste denke uitkom.



Om van hierdie blindheid genees te word, benodig ons nie noodwendig nog inligting of groter selfbewustheid nie, alhoewel ons dit nodig het, maar eerder om onsself met Jesus in pas te bring. Jesus se sig is perfek. Jesus is eerbaarheid. Hy is wie Hy sê Hy is en Hy doen wat Hy sê Hy sal doen! Elke. Keer. Sonder Jesus sal ons selfbewustheid maklik in self-genoegsaamheid ontwikkel en inligting in trots. Slegs Jesus kan ons help om God, onsself en die wêreld om ons te sien. 



Hier is 'n paar vrae:



1. Noem 'n paar kere toe jy 'n "dieper gewoonte van geloof" openbaar het? 



2. Wat is dit wat God jou uitnooi om te sien? (Dit kan positief of negatief wees.)


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid